Verified Reviews
Great Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Great Karoo
Rated 4.3 out of 5 based on 2639 reviews.
"A friendly, arty town, great for a short stay. Visit wine and olive farms nearby. A highlight was the awesome mountain scenery going there via Meirings Poort from Uniondale and leaving via the Swartberg Pass."
"Ek dink dis 'n baie mooi dorp met baie om te sien. Die ou geboue wat behoue gebly het. Dr Barnand se geskiedenis was van groot waarde. My tyd was net te min om regtig 'n toer deur te vat."
Prince Albert Road, Great Karoo
Wolvekraal Guest Farm"Dit is 'n netjiese stil pad, maar indien iemand op pad is Paarl toe, moet hulle bewus wees daarvan dat Prince Albert ongeveer 40 km van die hoofroete af is."
"By die vulstasie waar 'n mens inkom is die wonderlikste geskenkwinkel en restaurant, For Sheep Karoo. Kos is heerlik en oulike goed te koop. Het spesiaal weer daar gestop en blykbaar gewild by toeriste ook. Baie aan te beveel!"
"Hoofstraat ongelukkig vuil en plek-plek verwaarloos. Chris Barnard museum kan besigtig word. Petroljoggies en personeel by Engen verdien om genoem te word. Baie vriendelik en behulpsaam."
"Net jammer dat ons oral gewaarsku is dat diefstal in die dorp oral handuit ruk. Toeriste moet maar seker maak dat alles behoorlik gesluit is as hulle in die hoofstraat wil stop. 4Sheep bly maar die lekkerste eetplek in die dorp!"
"Ons beplan gewoonlik om die middag uit die Kaap uit weg te kom, om dan 5 ure later in Beaufort-Wes oor te slaap. Dit maak die pad die volgende dag net soveel korter. Ons sal altyd daar oornag. "
"Altyd lekker om in die Klein Karoo oor te bly, die natuurskoon spreek boekdele vanself. Pragtig! Dis die heel beste wat ek dit kan uitdruk uit 'n menslike oogpunt."
"Vreeslik aangenaam verras deur Prins Albert - soveel karakter en skoon, netjiese strate. Heerlike atmosfeer en uitstekende restaurante! Lieflik ook vir fietsry en stap! Definitief aan te beveel!"
"Prince Albert is a beautiful little village at the end of the Swartberg Pass. Choose your season carefully, as it can be very hot and dusty in summer time and apparently very cold in mid-winter."