Geverifieerde Resensie
Citrusdal
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Citrusdal bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 227 resensies.
"Klaar besluit om volgende jaar 'n road trip in die berge te onderneem rondom Citrusdal en Ceres. Daar is soveel om te sien en te ontdek."
"Moet nooit op 'n Vrydagagtermiddag of Saterdagoggend probeer om in Citrusdal te gaan inkopies doen nie. Daar is geen plek om te stap nie en in 'n winkel kan jy niks koop nie, want die rye by die kasregisters staan tot agter in die winkels. Dit is 'n nagmerrie."
"Pragtige dorpie wat sentraal geleë is om in die pragtige omgewing rond te ry."
"Die ligging is mooi in terme van staproetes, maar in die dorp self is nie veel om te doen nie."
"Citrusdal het bo verwagting voldoen aan al ons benodighede. Verskeidenheid aktiwiteite in Citrusdal omgewing is 'n definitiewe pluspunt."
"There are plenty of places to stay in and around Citrusdal to explore the town and its beautiful country and mountain surroundings. "
"Citrusdal, with its rows and rows of orange trees with its throwback to yesteryear Museum and quaint Sandveldhuise, makes for a wonderful experience. Then there is the warmwater springs. Certainly not a town to just drive through, but worth a stop and stay for a few days. "
"Die grondpad was 'n nagmerrie, Geen voertuig kan daardeur nie en dit is slegs vir 4x4's."
"Citrusdal is 'n klein plattelandse dorpie wat baie besig is op 'n Saterdag, maar daar heers 'n heerlike atmosfeer. Alles wat jy nodig het is daar. Hulle Spar voorsien aan alle behoeftes. Klein koffie winkeltjie waar ons heerlik gekuier het op die stoep. Lieflike omgewing."
"Vir liefhebbers van die Sederberge en alles wat die "kombuis" van Citrusdal bied, is hierdie area die moeite werd om te besoek. "
"Tradisionele kontrei maandeinde wat gepaard gaan met met sy eie uitdagings, maar die omgewing is puik."
"Die aantrekking van Citrusdal as toeristebestemming is opgesluit in die pragtige omgewing. Ons sal graag weer die gebied wil verken."