Verified Reviews
Clanwilliam
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Clanwilliam
Rated 4.4 out of 5 based on 349 reviews.
"The most amazing rock lands, views and perfect peace and tranquillity. Nice and romantic getaway, if you like the outdoors."
"Interessante dorp met heelwat om te doen. Van die museum, Rooibos-winkel, eetplekke, ens. Die wonderskoon-natuur is wat my die meeste van die dorp sal bybly."
"Clanwilliam is 'n pragtige dorp! Blomme was pragtig en rooibostee 'n unieke ervaring. Restaurante is uit die boonste rakke! Ons het die tyd in Clanwilliam baie geniet."
"Clanwilliam is sentraal as jy will blomme kyk in Namaqualand, Cederberge en die Weskus wil besoek."
"Clanwilliam is 'n lieflike dorp met mooi karakter. Eerste kuier daar, dal beslis weer. "
"Clanwilliam has good shopping facilities. Restaurants didn't appeal as we enjoy food different to what we eat at home. Had breakfast and didn't enjoy it at all. The coffee shop is very attractive with a lovely view, staff not very knowledgeable. Flower viewing areas are easily accessible and the tourist information was helpful."
"Ons het die dorp besoek tydens hulle jaarlikse blommefees. Die strate was pragtig getooi met blomme. Die winkel-eienaars het moeite gedoen om die plek op te vrolik. Daar is 'n koffiewinkel met die pragtigste tuin oorkant die toeriste-inligtingskantoor. Ons is met sakke tee en leerskoene terug huis toe."
"Die hoofstraat waar die Hotel is, is te nou en die sypaaitjie kan nie 2 mense langsmekaar loop nie."
"Pragtige area, Pakhuis pas en Biedouw vallei was uitsonderlik. Was al by die blommeskou vantevore, jammer dat dit die afgelope 2 jaar nie daar was om te sien nie."
"The place to be in flower time. Plenty to see and do. Will overnight again in Clanwilliam."
"Lewendige dorpie met heelwat fasiliteite en besienswaardighede in die omgewing. 'n Moet tydens die blomtyd."
"Ry uit na Wuppertal - dis 'n ongelooflike mooi omgewing en verseker die rit werd."
"Ons was in blommetyd daar, op 'n Saterdagoggend. Die dorp was besig met "locals" en besoekers. Daar was pragtige rieldans vertonings, kunsgalery met goeie gehalte kuns, mooi geskenkwinkeltjies, museum, pragtige ou geboue en restaurantjies. Dit is ook 'n goeie afpakplek om die omgewing rondom te verken as mens in een van die vele selfsorg gastehuise wil bly. Daar is 'n yslike mega-Spar op die dorp wat alles het wat mens moontlik kan nodig hê. Ons het die Biedouwvallei gaan verken van hier af - 'n gemaklike heen-en-terug dagbesoek. Vat gasstofie en piekniek saam en stop by een van die vele uitkykpunte in die Pakhuispas."
"Mense moet vroegtydig by restaurante bespreek vir aandete. Die goeie restaurante raak vinnig vol as daar baie toeriste is."
"Dam was full, we walked through an empty dam the previous time! Drought!"
"Lieflike landelike dorpie met goeie eetplekke en ’n verskeidenheid van inkopiebestemmings."