Verified Reviews
Clanwilliam
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Clanwilliam
Rated 4.4 out of 5 based on 349 reviews.
"Ons was op pad en het net oornag. Miskien volgende keer langer vertoef."
"Oulike dorpie met organiese rooibosteefabriek waar jy video kan sien en teeproe en koop. Eetplekke maak bietjie vroeg toe en net 2 of 3 geskenkewinkels en mall."
"Nancy's Tea Room het uitstekende ontbyt in 'n stylvolle eetkamer met ver bogemiddelde diens! Hou so aan!"
"We found Clanwilliam to be a wonderful town. Clean and well laid out with all the amenities one would need for a self-catering holiday. Restaurants and interesting places (such as Rooibos tasting house), are plentiful and classy. The end of August Flower Show in the church hall is spectacular. Friendly community. Clanwilliam is really well situated for day trip access to Namakwa fields of daisies, wine tasting, and the beautiful towns along the West Coast of the Cape Province."
"Gaan eet beslis ontbyt by Nancy se Teekamer! En dalk ook 'n middagete. Die beste bobotie wat ek nog ooit geëet het. En die diens is vriendelik en puik. Doen die moeite om die Pakhuispas te ry in die rigting van Calvinia en stop gerus by Travellars Rest vir 'n koppie koffie. Clanwilliam is 'n oulike klein dorpie met vriendelike mense."
"Clanwilliam is 'n heerlike dorp om vir al tydens die blomme seisoen te besoek. Heerlike klein winkels en ander besoekwaardige juweeltjies is oral te kry. Die blommeskou se uitstalling was ongelooflik en 'n moet vir blommekykers voor hulle verder reis. Dit gee jou 'n baie goeie idee waar om vir blomme te gaan soek. Lekker tee- en koffiewinkels en wonderlike eetplekke. Goeie waarde vir geld."
"Mooi dorpie, maar die mense maak dit nog mooier. Was ons eerste besoek, maar beslis nie die laaste nie."
"Verbasend was al die doendinge in Clanwilliam Saterdagmiddag gesluit. Wupertal winkel, Rooibosfabriek, ens. Dis blommekyk tyd, sekerlik is daar baie ander toeriste wat soos ons voel."
"Hulpvaardige mense en 'n ideale vakansiebasis dorp om ook die omgewing te verken."
"Clanwilliam is nie 'n plek waar jy tonne kruideniersware sal kan gaan koop nie, maar jy sal wel dit daar kry as jy iets vergeet het. Die dorp is super besig en mens kry nie regtig parkeerplek oor die naweek nie. "
"As jy van die stad se gejaag wil weg kom is Clanwilliam die regte dorp om rustig te kan verkeer."
"Hulpvaardig, maar anders as die stad moet alles bestel word. Dit kan soms langer as verwag duur."
"Lovely drive through the mountains and a bit of history. Good wine. "