Geverifieerde Resensie
Colesberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Colesberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.9 uit 5 gekry volgens 1643 resensies.
"Pragtige historiese dorp. Besonderse kerkgebou. Net jammer dat dit soos so baie klein dorpies in Suid-Afrika so verwaarloos geraak het. My hoop is dat die sakelui, burgemeester en inwoners van die dorp gereeld sal vergader om oplossing te vind om die dorp in stand te hou."
"Die dorpie het sy eie bekoring en was uiters skoon en sy mense was almal baie vriendelik."
"It is a very small town with a selection of shops but just what you would need for a short stay. "
"As jy hou van geskiedenis dan is Colesberg een van die plekke om te gaan rond dwaal in die verlede. "
"Oulike plekkie en lekker vir oornag op die lang pad. Sal definitief weer daar oornag."
"Dis so jammer om te sien dat die eens baie mooi plek eintlik aan die agteruitgaan is. Die strate is verwaarloos en vuil."
"Ons oornag net daar en besoek nie die besienswaardighede nie. Met meer tyd tot 'n mens se beskikking, glo ek dat dit 'n interessante bestemming kan wees met 'n interessante blik op die land se geskiedenis."
"Die Plattelander is 'n uitstekende restaurant. Het die ete daar geweldig geniet."
"Dis voldoende vir oorslaap en uiteet op reis tussen Kaapstad en Gauteng. Baie vriendelike mense."
"Die dorp is sentraal geleë vir reise tussen Gauteng en beide Oos- en Wes-Kaap."