Geverifieerde Resensie
De Aar
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in De Aar bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.4 uit 5 gekry volgens 60 resensies.
"Baie verwaardeloos. Dit was my eerste keer daar saam met my vrou wat daar gewoon het."
"De Aar is 'n pragtige Karoodorpie met vriendelike mense en groot oop vlaktes. Die dorpie is skoon met baie restaurante en blyplekkies. Sal beslis terugkom."
"Wow, what a cultural experience of the Karoo! Quite warm reception of its hospitality and humble people!"
"Aangename, vriendelike mense. Uitstekende kos by Essence Restaurant."
"Ons was daar vir familiesake en nie vir vakansie nie, dorp kort aandag vanaf munisipaliteit. "
"De Aar is miskien te 'n rustige dorpie. Ken nie regtig die omgewing nie. Dit lyk skoon, net baie rondloper honde."
" Net die Checkers was vir my bietjie erg omrede hulle kos nie vir ons so vars was nie en nie so skoon en netjies nie. Verder was dit lekker."
"Het geensins rondgery nie. Het die aand lekker by Essence geëet. Mooi skoon."
"Ons het net een nag daar geslaap en het nie veel te doen gehad daar nie. Die baie sonpanele op verskeie plase was interessant om te aanskou. Die mense het ons baie gasvry en hulpvaardig ontvang."
"Ek was aangenaam verras met De Aar en het geniet om meer van die dorp te sien."
"Klein plekkie, goed vir die siel. Slegs 'n tekort aan restaurante en buitemuurse aktiwiteite."