Successfully reported

Verified Reviews

Dullstroom

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Dullstroom

Rated 4.5 out of 5 based on 840 reviews.

Dullstroom

Mahanaim

"Hope oulike restaurantjies en eetplekkies. Nie veel winkels nie maar wel 'n paar curio shops asook supermark."

Dullstroom

Kliphuisjes

"Die dorpie is netjies en skoon, voel baie veilig daar. Daar is voldoende winkeltjies vir die doel. Ons het vriendelike en goeie diens gekry, asook lekker geëet by Old Transvaal Inn, The Rose Cottage en Mayfly Restaurant. The Clock Shop was 'n belewenis om deur te stap, sal nog my horlosie daar gaan koop! Ongelukkig is daar ook van die winkeleienaars wat onvriendelik is, en deur hul optrede veroorsaak dat mens nie welkom voel nie, dus ook nie lus is om hulle te ondersteun nie."

Dullstroom

Kliphuisjes

"Baie interessant."

Dullstroom

Old Transvaal Inn

"Lovely scenery. Laid back activities like art and crafts, horse riding, whiskey and gin tasting. Very friendly people. Highly recommend Harries pancakes, Belgian waffles and the Coachmans for eating out with kids. Latter 2 places had kiddies play area."

Dullstroom

Stone-Fly Guesthouse

"Ons indrukke was dit baie gekommersialiseer is, gerig om die internasionale toeris en daarom het die dorp van sy bekoring verloor. Sommige winkels se pryse is buitensporig."

Dullstroom

Kliphuisjes

"Pragtige dorp!"

Dullstroom

Old Transvaal Inn

"Sover is die dorp redelik vry van oortollige karwagte, rondlopers en verkopers wat maak dat mens te bang is om uit jou voertuig te klim - hou dit asseblief so. Maar die mense is gaaf en die atmosfeer rustig. Sou graag meer wou sien van die riviere en omgewing waarvoor Dullstroom bekend is. Ons vang nie vis nie, maar wat van 'n besigtingstoer? Die pad Tonteldoos toe was 'n riller met niks anders as een koffiewinkeltjie nie. "

Dullstroom

Jock's Cottages

"Lekker rustig en 'n stil dorpie."

Dullstroom

Alm-Ü

"Art of Food Restaurant best place to eat!"

Dullstroom

StoneFly Cottages

"Baie mooi dorp met vriendelike mense. Die uitsig oor Dullstroom en die lekker winkels sal maak dat enige mens daar wil bly."

Dullstroom

Anglers Court

"Daar is nie regtig vermaak vir kinders nie. Ideale plek vir naweekwegbreek vir 'n paartjie."

Dullstroom

Critchley Hackle Lodge - Managers Cottage

"Out of this world! Romantic feel. Love it!"

Dullstroom

Kliphuisjes

"Besoek Dullstroom so gou as moontlik, jy sal nie spyt wees nie."

Dullstroom

Berryfields

"Die paaie kort aandag."

Dullstroom

Olive Bumble

"Ek is 'n vlieghengelaar en besoek Dullstroom ten minste twee keer per jaar, meestal by Millstream en Dunkeld, maar ook by ander vlieghengel oorde via Holiday Club."

Dullstroom

Fairstream Selfcatering Guesthouse

"Heerlike plek om te besoek."

Dullstroom

Mahanaim

"Very impressed, although small, the amount of various attractions available to the tourist. An overnight must if passing through. "

Dullstroom

Kliphuisjes

"Aan weste kant van hoofpad is daar baie drentelaars wat 'n onveilige atmosfeer skep."

Dullstroom

Valley of the Rainbow Fly Fishing Estate

"Baie besig, maar tog lekker om daardeur te reis."

Dullstroom

Olive Bumble

"Dullstroom is a great stop over or perhaps a mountain getaway. The towns restaurants and boutiques cater a tad too much for the yuppie sort."

Dullstroom

StoneFly Cottages

"Omgewing is baie mooi - 'n fees vir die siel. Besigheid se eienaars passievol en vriendelik. "

Dullstroom

Alm-Ü

"Harries pannekoeke altyd 'n wenner vir gewone kaneel pannekoeke!"

Dullstroom

Elandskloof Forel Plaas

"Sal weer in my vakansieplan inwerk."

Dullstroom

Galashiels

"Baie van die restaurante het vroeg toegemaak op oukersaand, dit sou lekker gewees het as daar meer plekke was wat langer oop gebly het om dalk 'n drankie te kon geniet. "

Dullstroom

Field and Stream

"Pragtige natuurskoon, baie besienswaardighede en restaurante."

Dullstroom

Delagoa Dullstroom Cottage

"Die dorp het nou minder interessante aktiwiteite en winkels as toe on laas daar was, maar die kort afstand van Pretoria maak dit steeds aantreklik vir 'n naweek wegbreek. "

Dullstroom

Muddlers Minnow

"Dullstroom is 'n juweel met hope dinge om te doen. Ek gaan beslis terug!"

Dullstroom

Olive Bumble

"Plekke maak net te vroeg toe."

Page
Page 20 - Showing 571 to 600

Welcome to LekkeSlaap

Welcome back!

Reset your password?

Join our newsletter!

Create an account to manage your bookings

Log in to your LekkeSlaap account

Log in to your LekkeSlaap account linked to

Enter your email address to get started

Subscribe to receive special offers