Verified Reviews
Dullstroom
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Dullstroom
Rated 4.5 out of 5 based on 840 reviews.
"Dullstroom is 'n ideale bestemming vir reisigers van Gauteng vir 'n naweekwegbreek. "
"Die weeksdag, hoewel dit in die vakansie was, was baie stil. Daar was net twee restaurante oop die aand wat ons kon sien. Maar dit is 'n pragtige, rustige dorpie. Baie vriendelike mense."
"Dullstroom is pragtig en daar is baie wonderlike plekke waar 'n mens kan tuisgaan."
"For fly fisherman, the Municipal Dam is always a great option if you do not have access to your own water. It appeared to be well managed at the time of our stay (June 2017) and although we did not fish, there were other fishermen and women catching nice trout, and a lot of surface activity was observed during the evening rise across the whole dam. Day fee of R150 per rod, allows you to keep one fish per rod. Additional fish that are kept are charged at R90/kg. Catch and release is encouraged as is fishing barbless. "
"Wonderlike dorpie, maar die paaie daarheen is 'n nagmerrie!"
"Dullstroom is 'n wonderlike dorp. As jy mal is oor Clarens of Parys dan sal jy ook baie van Dullstroom hou."
"Pragtige kunstenaarsdorpie met baie om te doen. Genoeg plekke om te eet en te drink."
"Dullstroom is 'n pragtige dorpie om te besoek en net eenvoudig uit te span en weg te kom van die stad. Dit is lekker om deur die winkeltjies te kon loop en kyk wat alles beskikbaar is. Dit was wel besiger as wat ek gedink het dit sou wees. Dit is seker weens die vertoning wat by die dam was. Die "Birds of pray center" was werklik 'n wonderlike ervaring en baie leersaam om 'n inligtingsessie by te woon met 'n lewendige vertoning van die geselekteerde voëls. "
"Gaan eet beslis by Pickles & Things Bistro - die diens is vriendelik en kos uitmuntend. lieflike en vriendelike dorpie."
"Daar is oulike winkeltjies, restaurante en heelwat besienswaardighede in die dorpie en iets vir almal om te doen. Dis nie te ver van Johannesburg af nie, so maklik vir 'n naweek om weg te breek. "
"As die munisipaliteit net iets aan die paaie kan doen! Verder 'n lieflike plek, wonderlike restaurante en winkels."
"Mooi dorpie met geen potensiaal. Toerisme-agentskappe word dan betaal om toeriste daarheen te neem."
"We've visited Dullstroom a couple of times and we're always sad to leave. It's the feeling of being part of a bigger family. It's wonderful. We are in love with Dullstroom and it's beautiful surroundings. "
"Heelwat om te sien en te doen in die omgewing. Kyk gerus vooraf op Google en maak seker dat jy nie op iets uitgemis het nie. "