Verified Reviews
Elands Valley
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Elands Valley
Rated 4 out of 5 based on 113 reviews.
"Dis my geboorte dorp, verskriklik ryk aan geskiedenis en is regtig 'n klein dorpie wat mense nie moet vergeet en die impak wat die dorpie op die land gehad het nie. Asook, baie mooi omgewing!"
"As 'n oorslaap plek benodig word tussen Johannesburg/Pretoria en die Krugerwildtuin, is dit ideaal geleë."
"Die omgewing is pragtig en daar is baie te doen vir natuurliefhebbers, maar Waterval-Boven sowel as Machadodorp gaan ten gronde."
"Dis naby soveel besienswaardighede en net ver genoeg van Nelspruit om mens te laat rus. 'n Gemaklike wegbreekgeleentheid."
"Die dorp bied nie veel vir die toeris nie, maar om bietjie rond te ry maak die omgewing op daarvoor. "
"Redelik sentraal, ons het die Krugerwildtuin, Hazyview Zipline en Dullstroom se Dunkeld country and equestrian estate en Nelspruit besoek."
"Daar is nie veel vir toeriste nie. Dis die ideale plek vir sommer net wegbreek en natuurlik genoeg ruimte vir byeenkomste. Die omgewing is pragtig en baie rustig. Mense wat wil besig wees gaan dit nie geniet nie. Dis 'n plek vir ontspanning en net mens wees."
"Sou net beter aanwysings verkies na die watervalle en meer toeganklikheid asb."
"Baie mooi omgewing, maar dorpie is baie klein en daar is nie baie opsies as dit by uiteet kom nie. "
"We lived there over a decade ago. Sadly it has declined since then but there are nice places to visit in the area."
"Krugerhof is mooi opgepas en heel insiggewend, maar die res van die dorpie het min gebied."