Verified Reviews
Elands Valley
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Elands Valley
Rated 4 out of 5 based on 113 reviews.
"Die pad benodig bietjie aandag vir mense met gewone motorvoertuie, trappies na die waterval is nodig."
"Ja die Kruger-huis is omtrent net oorkant die pad en die trein ervaring is prysloos!"
"Grondpad in die omliggende omgewing kan na gekyk word, die pad is nie regtig gepas vir mense met lae voertuie nie."
"Nie veel oor waterval boven nie, maar Kaapsehoop is so 30 min se ry vanaf luilekker, 'n heerlike ondervinding en die moeite werd om te besoek."
"Sal sê hulle moet meer toeriste-aantreklikhede daar aanbring, want op die staduim is dit net 'n dorpie en dit het nie veel aantrekkingskrag nie. Vind geen baat daar nie. "
"Dis net jammer dat die dorpie se strate uitmekaar val. Sal beslis teruggaan om die klip sirkels te besoek. Dis 'n onbekende toeriste attraksie wat fasineer. Die tolhek by Machado is baie duur."
"Dit is klein verlate dorpie wat agteruit gegaan het en ek beveel niemand aan om die dorp te besoek nie."
"Waterval Boven is 'n historiese dorpie en daar is baie besienswaardighede. Pragtige brûe en watervalle. Natuurskoon lieflik. Al wat pla is dat daar geen Spar of kruideniersplekke is nie, asook geen kaartfasilitiete in 'n paar winkeltjies wat wel handel dryf nie. "
"Ons het nie regtig tyd gehad om Waterval Boven te ondersoek nie. Was wel by Krugerhof op Waterval Onder. Die tuin was die mooiste en skoonste wat ek lanklaas gesien het. Die museum was vol inligting en ek het baie geleer."
"Ons was nie in die dorpie self nie, maar die onmiddellike omgewing is pragtig. Het Krugerhof en winkeltjie baie geniet."
"I love Machado as it is one of the most beautiful places in the Highveld and in the country. it has it's own unique features as a home of trout, and I'm proudly a local girl having been born and bred there."
"Alhoewel dit 'n baie ou dorpie is, is daar steeds in en om die omgewing plekke wat die moeite werd is om na te gaan kyk en sommer net lekker te ontspan en rus."
"Dis my tweede besoek in 'n maand, en ek is crazy oor die plek! Het ook Kaapsehoop ontdek wat 'n groot aantrekkingskrag is vir Waterval-Onder, veral toe ek ontdek een van die gastehuise is presies my naam. Wilde perde is amazing. "
"Ons het nie Waterval Boven binnegegaan nie. Aanduidings is dat die dorp doodloop as gevolg van die nabygeleë tolhek (R78 tolgeld). Glo is daar nie meer 'n enkele werkende restaurant in die dorp oor nie."