Geverifieerde Resensie
Fraserburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Fraserburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.9 uit 5 gekry volgens 35 resensies.
"Fraserburg is 'n baie oulike plekkie as jy die Karoo wil verken en is 'n moet om by jou roete in te werk."
"A very small town with gravel roads leading to next towns but not congregation."
"We were visiting for family history research. The museum is a bit neglected, but we enjoyed the dinosaur fossil tour with Marinda. She is very helpful and hospitable. Well worth doing if you find yourself in Fraserburg."
"Besoek Fraserburg as jy uit die gewoel van die stad wil kom en jouself weer wil vind. Die mense is so vriendelik en so behulpsaam. Ons sal definitief weer gaan."
"Die plek om na weg te breek as jy stilte en ruimte soek. Pad is in 'n baie goeie toestand vanaf N1 tot in Fraserburg."
"Dis 'n klein dorpie met min mense, as daar meer aandag aan toerisme gegee word sal dit baie doen vir die dorpie. Die museum was toe, op die Saterdag wat ons daar was. Ons was daar met die toneelfees, ek voel as dit die grootste fees is dan kan daar meer gedoen word, vir vermaak."
"Ons het vir ons dogter gaan kuier wat daar skoolhou. Dus nie baie in omgewing rondgery nie. Die mense van Fraserburg is egter ongelooflik vriendelik en gasvry!"
"Nie veel in die dorp maar die gasvryheid van die gesin op die plaas, skitterend!"
"Mooi dorpie. Slegs 'n mini-market winkel met beperkte, maar genoegsame kruideniersware voorraad beskikbaar. Plaaslike mense is baie vriendelik. Slegs een teerpad tot by die dorp, die pad vanaf Leeu Gamka. Ander paaie is als grondpad met geen selfoonsein."
"It basically has nothing. It's good for a stop over destination, but watch out for the gravel roads, make sure you either have a 4x4 or make sure you plan your tar road route."
"Ons besoek was baie vinnig, net 'n deurry, maar die dorp het netjies en georden gelyk. Daar is 'n hele paar eetplekkies en winkeltjies."
"Dis 'n ideale plek om te ontsnap van die stadsgewoel en net weer asem te skep en die ruimtes in te drink. Aangesien ons familiegeskiedenis hier ontstaan het, was dit 'n groot voorreg om weer hier te kon besoek aflê. Dis egter té ver vir net 'n naweek - ons sal moet langer tyd hier verwyl. Sal so graag wil help dat hierdie dorp bly voortbestaan."
"Ons het die fossiele besoek - wat 'n besondere verrassing! Ons gaan definitief terug om ons kinders ook te wys."
"Dis 38 jaar vandat ons uit Fraserburg weggetrek het. Die dorp kom in baie gevalle vervalle voor. Dit is nie naastenby die trotse dorp van vroeër nie."