Verified Reviews
Gauteng
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Gauteng
Rated 4.2 out of 5 based on 3192 reviews.
"Ons was die Sondag in Dinokeng en het 'n selfrypas bekom teen 'n baie billike prys. Ons het baie wild te sien gekry, selfs die leeus. Die kaart is verstaanbaar en die paadjies mooi genommer en uitgewys. Daar is 'n paar plekke waar ons bietjie verdwaal het omdat 'n padaanwyser gedraai was, maar ons het gou weer ons pad gevind by die volgende padaanwyser."
"By Magaliesburg is daar nie veel nie. Mens moet verder ry na Black Horse en die grotte en Maropeng of dam toe."
"Dit is baie toeganklik vir persone wat in daardie deel van die stad wil tuisgaan. Aangename verblyf."
"Oulike restaurante en boetieks, maar straathandelaars op die sypaadjies en aggressiewe karwagte is 'n groot irritasie."
"Serendiity is 'n baie veilige plek binne maklik bereikbare afstand van Fourways en die konferensiegeriewe wat ons gebruik het."
"Ons het nie Dinokeng as toeristebestemming gebruik nie. Sal dit graag volgende keer wil doen. Slegs oornag-akkommodasie."
"Ek het die buurt besonder skoon gevind en die sypaadjies was oral instandgehou."
"Baie veilig waar mense nog kan stap in die strate en die kinders op hulle fietse kan rondry."
"Dinokeng is letterlik op ons voorstoep! Dis nie nodig om 5 ure Wildtuin toe te ry om die bos-gevoel te kry nie. Ons geniet Dinokeng en gaan gereeld, al is dit net vir die dag."
"In die 3 dae wat ons baie rondgery het op die "self-drive" roetes het ons geen teken van die sogenaamde Groot 5 gesien nie. Die boksoorte, sebras en kameelperde is redelik volop."
"'n Stad wat meer bied as wat mens verwag, veral as jy in geskiedenis en kultuur belangstel. Naby aan baie ander toeristebestemmings en verrassend baie natuurreservate."
"Die plek is baie ver van alles af en is naby die informele nedersetting. Dis glad nie veilig eers om na die naaste Spar te gaan nie. Ek is bitter spyt ek het die plek bespreek. Ons het baie geld op Uber spandeer om iewers te kom, so ek sou eerder nader aan die dorp wou bly vir duurder wat nader is aan als."
"Vir 'n rustige wegbreek uit die stad is die ideaal. Mens kan afskakel en net ontspan."