Verified Reviews
Gauteng
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Gauteng
Rated 4.2 out of 5 based on 3192 reviews.
"Na 9 word alles opgerol - lekker stil kuierdorp met genoeg om te doen vir naweek."
"Bergfietsroete, Woolworths food court en Coco's restaurant baie naby. Stil, mooi woonbuurt met maklike toegang na hoofroetes. "
"Te kort verblyf om kommentaar te regverdig. Nie eie voertuig gehad nie - met Uber gereis."
"Not as many animals as in Pilansberg, but a very good weekend place for people from Gauteng."
"Die Wonder Grot en die Renoster en Leeu Reservaat is 'n definitiewe moet. So 'n halfuur se ry van Pine Valley af."
"'n Plek naby aan die stad en die al die nodige openbare vervoer en belangrike lughawens."
"Daar is 'n paar plekke in die omgewing wat gereeld groot saamtrekke en funksies hou. Dit is uniek en darem so bietjie uit die stad se gejaag uit."
"Pine Valley was perfect for us as we stay in Centurion and it was ONLY a 25 min drive to Pine Valley. Perfect for a short weekend away, without driving for hours on end!"
"Dit is baie lekker om die Groot 5 so naby aan Johannesburg en Pretoria te hê. Daar is genoeg verblyfopsies om elke smaak en sak te pas. Ideale plek vir 'n naweekwegbreek in die bos."
"Daar is nie veel vir 'n toeris om te doen nie behalwe om die winkelsentrums te besoek."
"Het dekades lank op die Wesrand gebly en as jy bereid is om te gaan soek, baie om te doen - veral "The Cradle of Humankind", Ruimsig Botaniese tuine, Leeu park ens ens. Daar is ook baie lekker winkelsentrums op die Wesrand met alles wat jy aan kan dink."
"Nuwe opgradering is goed. In- en uitgang bly maar 'n pyn, vooraf kaartjies help. Die toegangsbrug is 'n bottelnek na en van die binnekant van baan. Hulle kan kyk na 'n "duikweg" addisioneel. Dit bly 'n lekker venue vir enige "petrolhead". Vanaf 1973 was ek gereeld daar en die "memories" is baie en goed. Ek's dankbaar 'n man soos Toby Venter het beheer gevat en ons kan sien die kwaliteit is al reeds baie beter en is Kyalami weer die #1 renbaan in SA."