Geverifieerde Resensie
Graaff-Reinet
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Graaff-Reinet bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1354 resensies.
"Die museums is iets om ook te besoek terwyl mens daar oornag. Dit is baie interessant. Pioneers restaurant is ook baie lekker met ongelooflike kos en baie goeie diens. Dit kan ons regtig aanbeveel."
"Graaff-Reinet is so vol kultuur. mens sien uit daarna om die dorp te besoek. Vir myself is die vetplantkwekery die wonderlikste ding op aarde."
"Graaff-Reinet is een van die skoonste dorpies wat ek al gesien het. Die dorpsmense is ongelooflik vriendelik en dit is tot lekker om te gaan petrol ingooi."
"Graaff-Reinet het baie vriendelike inwoners, ryk geskiedenis en is 'n baie oulike dorp. Sal beslis weer daar oorbly."
"Graaff Reinet is one of the nicest historical Karoo towns that I have ever visited."
"Dit is jammer dat daar so baie informele verkope op die sypaadjies plaasvind en daar aangedring word op 'n geldjie."
"Hierdie keer het ons nie beplan om die dorp te besigtig nie, maar die onbeskryflike-mooi NG Kerk bly net 'n aantrekkingspunt. Veral as jy die kans kry om dit ook van binne te besigtig! Graaff-Reinet is voorwaar 'n pragtige dorp."
"Sien my sterre. Al wat die moeite werd is om te besoek was die Valley of Desolation."
"Graaff-Reinet is verreweg die mooiste dorp in die Oos-Kaap. Ek geniet dit baie om soontoe te gaan. Ek sou daar bly as ek kon."
"Mens kan sien die dorp is onder druk van sosiale probleme. Maar bly 'n geskiedkundige bakermat. Huise mooi gerestoureer. Sal waarskynlik behoue bly."