Geverifieerde Resensie
Graaff-Reinet
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Graaff-Reinet bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1354 resensies.
"Dorpie waar jy jouself baie besig kan hou met al die besienswaardighede, natuurreservaat en eetplekkies."
"Graaff-Reinet regverdig 'n minimum twee-dag besoek. Die dorp en strate is redelik skoon en Graaff-Reinet bied baie interessante besienswaardighede binne kort loop- en ry-afstande."
"Fantastiese toeriste bestemming met professionele vriendelike diens - almal was vriendelik!"
"'n Absolute treasure. Baie kulturele en geskiedkundige dorpie. Spandeer gerus tyd in Graaff-Reinet, u sal nie spyt wees nie!"
"Graaff-Reinet is 'n pragtige dorp met baie besienswaardighede. Obesa kwekery is baie uniek en bewonderswaardig. Die middedorp rondom die kerk was teleurstellend met vullis en drankbottels orals."
"'n Baie geskiedkundige dorp met baie museums en besienswaardighede soos die vetplantkwekery en die Vallei van Verlatenheid."
"'n Pragtige stad waar mens die trots van die inwoners op hulle stad kan waarneem. Die strate is silwerskoon - geen rommel of gate. Die historiese boustyle in puik toestand. Genoeg pad predikante. Die "Valley of Desolation" is 'n moet sien."
"Graaff-Reinet is 'n wonderlike kombinasie van besondere natuurskoon en historiese gedenkwaardighede. Elke Suid-Afrikaner behoort hierdie dorp en omgewing ten minste een keer in sy/haar lewe te besoek."
"Obesa nursery is a must! Nieu Bethesda is a short drive away and a great stop is Evelyn's Eetplek and soup kitchen. Lovely and welcoming people and banging roosterkoek."
"Die mees interessante prag dorp, skoon en netjies. Inwoners baie vriendelik en behulpsaam. Museums geweldig leersaam, pas hul asb mooi op. Duitse restaurant was gaaf."