Geverifieerde Resensie
Graaff-Reinet
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Graaff-Reinet bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1354 resensies.
"Die Kerk en restuarant direk oorkant hom is 'n moet-ervaar. Sebastiaan die karwag is dierbaar."
"Dit is 'n pragtige dorp om te stop vir oorslaap, gou ietsie eet, interessante winkeltjies te besoek. Heerlike vriendelike atmosfeer in die dorpie."
"Graaff-Reinet is 'n pragtige dorpie. Al die nodige winkels is beskikbaar. Daar is ook baie besienswaardighede en lekker restaurantjies. Die dorpie het 'n heerlike atmosfeer en om sommer net in die strate te stap, verskaf genot. Dit is 'n lekker dorpie om oor te staan op pad na die Kaap se kus."
"Graaff-Reinet is nie 'n een nag oorslaapdorp, maar beslis die moeite werd om 'n paar dae te vertoef. Baie netjies met heerlike eetplekke en baie geskiedenis om te geniet."
"Graaff-Reinet is not fully appreciated for its history and uniqueness. We loved having breakfast at the viewpoints over the Valley of Desolation after visiting the museums in town. There is so much more to do and we look forward to staying longer next time."
"'n Moet om na Vallei van Verlatenheid te gaan en ook die pragtige kerk. Sou baie graag binnekant van die groot kerk wou sien."
"Cute little city. Nice places to eat, drink coffee and shop for presents. Very close to a beautiful desolate valley."
"Graaf Reneit is a must-visit town to absorb the history and magic of the old-world charm. The town is clean and neat and residents are proud of their town and maintain their homes."
"'n Mens moet tyd maak om na die Vallei van Verlatenheid te gaan kyk - dis eintlik verkeerde woord, ek dink nie dis verlate nie, God is oral."
"Pragtige skoon dorp wat goed onderhou word. Die Camdeboo Nasionale Park is 'n moet op enige persoon se emmerskoplys!"
"A beautiful town with lots of sites to see and explore so come one come all and enjoy the Karoo like never before."
"Ons het met ons fietse saam met Dawid de Wet van Toerboer in die Camdeboo Nasionale Park gery en soveel diere gesien. Ons het ook die steil pas na die Vallei van Verlatenheid opgery - ons het gelukkig e-fietse gehad maar Dawid nie. Ons sal vir seker weer saam met Dawid 'n uitstappie doen."
"Baie mooi plek. Sal graag volgende keer langer wil bly en plek bietjie beter leer ken."
"Graaff-Reinet het my hart gesteel. Netjiese en goed instandgehoude geboue en ryk geskiedenis. Mense is vriendelik en praat ons taal."
"Die dorp is skoon en netjies. Waar ons winkels en restaurante was, was die personeel vriendelik en gasvry. Ons het sommer tuis gevoel. Wel gedaan Graaff-Reinet."