Geverifieerde Resensie
Graskop
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Graskop bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 552 resensies.
"Ons het spesifiek gegaan om die lift te ervaar, maar helaas elke keer as ons bel was die lift buite werking. Die tegnikus bly op pad, maar kon nie die lift aan die gang kry nie. Wat 'n jammerte."
"Die dorp Graskop is nie wat ek verwag het nie. Dis nie baie netjies en skoon nie."
"Net jammer die Graskop Lift was nie inwerking toe ons daar was nie. Die week voor dit was daar ook iemand wat ons ken daar, en toe het dit ook nie gewerk nie. Afgesien daarvan, is daar nog ander mooi plekke daar naby."
"Vermy die deel rondom Spar op 'n Saterdagmiddag. Taxi's parkeer die strate toe en hordes mense sit en drink op die sypaadjie. Daardie deel van die dorp voel baie onveilig. "
"Dis 'n baie lekker plek nabygeleë aan watervalle en ander goed om te doen. Ook naby aan die Krugerwildtuin. "
"Dit is 'n pragtige, rustige omgewing en daar is baie plekke om daar te gaan ontdek."
"Dis 'n moet om Graskop en omliggende dorpies te besoek. Dis regtig 'n paradys."
"You cannot imagine what a beautiful town this is. The waterfalls and God's Window is an experience that cannot be described by anyone - go visit Graskop, it's memories for life!"
"A nice place with lots of sites to see that will literally take your breath away with jaw dropping natural beauty."
"Die tyd het daar stil gaan staan, dieselfde ou winkeltjies as 30 jaar gelede. Natuurskoon uitgesluit, dit is wel pragtig. "
"Graskop is klein dorpie, maar dis baie skoon en sommer baie naby wonderlike natuur en ander besienswaardighede soos Pelgrimsrus, God's Window en vele meer. Lekker plekkie!"
"Graskop en omgewing is iets wat mens moet sien, maar wees maar steeds waaksaam teen misdaad."