Verified Reviews
Greyton
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Greyton
Rated 4.7 out of 5 based on 393 reviews.
"Ons was 'n familie en klomp vriende wat mekaar lanklaas gesien so dit was belangrik vir ons om 'n lekker plek te kry waar ons kon saamkuier maar ook rustig kon verkeer (veral omdat daar ook jong kinders was). Greyton self is eenvoudig. Lieflike restaurante (letterlik oorkant die pad van verblyf is Vanilla Cafe) lekker pizza en TV met sport. Ons het ook (weer) 'n draai gaan maak by 1854 (love die kuierplek). En als is in loopafstand. Vinnige draai by die Saturday Morning Market ook gemaak. Dis 'n oulike wegbreek van die stad, naby genoeg (uur en half se ry). En dan is daar ook natuurlik baie bergfietsroetes en trail runs in Greyton vir die manne wat meer exercise soek. Ons het nooit eers daarby uitgekom nie. Tog is dit nogsteeds 'n besige klein dorpie, so jy voel nooit verlate of afgesonder nie en die OK (mini) Mart is seker een van die beste winkels. Jy kan letterlik als daar koop en dis van goeie gehalte. So ek sal Greyton met liefde aanbeveel vir almal wat wil wegkom van die stad af. Moet net nie 'n mall of take away (KFC, Steers ens) soek nie. Daar is meer as genoeg restaurante met ordentlike kos om die uit te sort."
"Pragtige plek met pragtige mense! Een van daardie plekke wat 'n mens weer en weer na wil terugkom."
"Oulike dorpie, met allerhande winkels om iets te gaan kyk of koop. Beeldskoon met fantastiese ou bome en huise. Die natuurreservaat op 'n mens se stoep. Net te lekker."
"Stunning little village, a come back to place as it has charm and all the features you would expect but it comes with a slightly higher price tag due to this also."
"Greyton is 'n lekker plek om vir 'n rustige naweek weg te gaan. Baie lekker eetplekkies en gallerye om te besoek."
"Greyron is 'n moet-sien en moet-ervaar dorpie vir enige iemand wat lief is vir afskakel en asemhaal. Pragtige omgewing en lekker mense."
"Lovely town. Interesting shops and great restaurants, but go to lunch early on Sunday, as some tend to close early. Must go for a swim/soak in the river. Saturday market is a must. The horses and cows that meander through the town is a treat (take some carrots)."
"Ons kan sien hoekom hulle Dorp van die Jaar 2021 gewen het. Ongelooflike ou argitektuur, winkeltjies, restaurante en kulturele bedrywighede. Wonderlike bestemming vir 'n wegbreek naweek uit die stad!"
"Pragtige dorp, vriendelike mense, uitstekende restaurante. Beslis die naam Dorp Van Die Jaar werd."
"Strate nou en verkeer druk. Môremark interessant. Perde, beeste op sypaadjies het ons geniet. Dink hy is bietjie "overrated"."
"Pragtige en unieke dorpie! Verkeidenheid van aktiwiteite in die omliggende area vir diegene wat hou van die buitelug."
"Lovely small town with great options for eating out! We enjoyed our hikes there too!"
"Greyton is 'n ongelooflike dorp. Dit is rustig en skoon met die oulikste winkeltjies. Ons was so mal daaroor. Ons mag dalk net eendag permanent soontoe trek."
"Greyton is 'n lieflike dorp, met lekker restaurante, pragtige staproetes en vriendelike mense. Neem liefs kos (veral vleis) en drank saam, daar is ongelukkig nie goeie voorsiening nie."