Geverifieerde Resensie
Green Kalahari
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Green Kalahari bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 487 resensies.
"Keimoes is 'n mooi klein dorpie veral met sonsondergang oor die Oranjerivier. "
"Kanoneiland is nie 'n spesifieke toeriste attraksie nie, maar dit gee vir jou 'n baie goeie blik op die lewe en boerderyaktiwiteite van die bewoners van die Oranjeriviervallei. "
"We love this part of the country, have visited before and would love to be able to do so again."
"Dit is interessant om daar rond te ry en veral die Augrabiese watervalle te besoek."
"Baie interessante en oulike dorp. Sal graag langer daar wil bly want daar is soveel om te sien."
"Ervaar die kontras tussen die dorre landskap van die Kalahari en die sappige groen wingerde. Die Oranjerivier is op die drumpel van hierdie dorp, Marchand is op jou pad na 'n wêreldbekende baken, die Augrabieswaterval plek van groot geraas. Dit is 'n ideale en bekostigbare stop-over vir vakansiegangers, natuurliefhebbers, sakelui en toeriste na die Kalahari, West Coast, Namakwaland, Richtersveld en Namibië."
"Baie goed geleë om te oornag wanneer toeriste na die Augrabies gaan en nie daar wil oornag nie."
"Ons ouers het vir nagenoeg 45 jaar daar gewoon en is daar begrawe. Dis vir ons 'n baie spesiale dorp met baie spesiale mense en wanneer ons in Suid-Afrika kom, gaan ons vir 'n dag of wat daar aan."
"Daar is baie te sien in die omgewing en mens kan gerus Keimoes as jou basis kies om rond te ry na die verskillende besienswaardighede."
"As jy wil weghol uit die stad se besige strate is dit net die plek om heen te gaan."
"Het net oorgeslaap, dus nie tyd gehad om dorp te besoek nie."