Geverifieerde Resensie
Hanover
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hanover bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.7 uit 5 gekry volgens 215 resensies.
"Klein dorpie waar daar niks aangaan nie, maar goed geleë vir 'n stop vanaf Kaapstad na Johannesburg."
"Was bekommerd oor veiligheid, maar dit was uiteindelik geen probleem nie. Daar is baie meer aan Hanover as wat mens aanvanklik van die N1 af sien."
"Die plaaslike inwoners is vriendelik en behulpsaam. Die dorpie is netjies en 'n mens kan alle noodsaaklikhede daar kry. Daar is 'n verskeidenheid van mooi, ou geboue en die trappies op Trappieskop waarvandaan 'n mens oor die hele dorp en omgewing kan kyk."
"Dorp onnet en redelik vervalle. Kan verstaan dat Covid 'n impak gehad het, maar kry indruk dat almal opgegee het. Dink besigheidseienaars moet terugploeg om dorp netjies te kry. Dit sal ook help met werkloosheid. Goeie ligging tussen Gauteng en Kaap."
"Die dorp het 'n ryk geskiedenis wat glad nie genoeg bemark of oorgedra word aan mense nie."
"Niks noemenswaardig nie - nie juis 'n toerismebestemming nie. Interesante verskynsel is die klein valkies wat dit hulle tuiste gemaak het."
"Die dorp Hanover is nie vir toeriste bedoel nie, maar die distrik is die ideale rusplek op die pad tussen Gauteng en Wes-Kaap."
"Alles was mooi, effektief en privaat. Die buitegeboue en aansigte het opknappingswerk nodig."
"Daar's niks in Hanover nie. Mooi kerk en gemaklike oorslaap bestemming maar dis dit."
"Hanover itself is a work in progress. But it definitely has huge potential."
"Baie klein dorpie, nie regtig plek gewees om aandete te gaan eet nie. Maar ons het darem reggekom deur die mense te vra vir plekke. Dorpie baie vervalle."
"Hanover is 'n pragtige dorpie, ou huisies wat jou met nostalgie verwelkom. Dit is nie 'n toeristebestemming nie, maar 'n heerlike oornag dorpie vir reisigers."
"Oulike, klein dorpie. Perfekte halfpad-stop vir die rit af Kaap toe of op Gauteng toe."