Geverifieerde Resensie
Hazyview
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hazyview bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 367 resensies.
"Perry's Bridge Reptile park is 'n moet. Baie informatief en vermaaklik. Meer as genoeg om te doen in die area."
"Net naby genoeg aan die Wildtuin. Ook naby die Panorama roete. Winkels ook goed beskikbaar."
"Hazyview is 'n swak bestemming, mens voel onveilig en dit is nie 'n "lekker" plek nie. Sal nie vriende aanraai om Hazyview te besoek nie, daar is heelwat beter opsies."
Hazyview-Vakansiedorp, Hazyview
Tatenda Guesthouse"Die dorpe in die platteland van Suid-Afrika het die afgelope 20 jaar agteruitgegaan en die werklike "omgee" en die algemene indruk van die dorpe laat maar aan veel te wense oor. Vuil strate, swak paaie, met ongelukkig baie leeglêers word maar oral gevind en soms is jy as toeris maar bekommerd oor jou eie veiligheid, aangesien jy maklik onderskei kan word van die plaaslike inwoners. Die grootste voordeel vir Hazyview is natuurlik sy klimaat en sy ligging so naby die Krugerwildtuin."
"Baie oulike winkels daar, maar ek voel nie baie veilig nie. Padreëls word ook nie na gekom deur veral die taxi's nie."
Hazyview-Vakansiedorp, Hazyview
Safari Bed & Breakfast"Bekommerd oor veiligheid. Locals wat die sypaadjie as toilette gebruik is walglik."
"Baie mooi omgewing, maar veiligheid bly 'n bekommernis omdat soveel toeriste al aangeval is in Hazyview omgewing."
"Ons gaan def weer Hazyview besoek. Alhoewel die dorp baie besig is vir ons vanaf die platteland, is daar so baie om te doen en baie mooi. "
"Hazyview is a lovely destination. The area is absolutely beautiful. As usual, we are in SA so be on your guard at all times. "
"Typical farm atmosphere. Soothing litchi and banana trees. Hazyview is nice and green and a must. Near to all major shops and mall."
"Besige toeriste-dorpie. Vreeslike baie om te doen. Moet nie na die mall gaan nie vieslik vuil en baie vol mense, kon skaars geloop het."
"Lekker naby die wildtuin, 8 km vanaf naaste hek Pabeni en 40 km vanaf Krugerhek. Baie lekker goedjies om te doen in die omgewing. "