Geverifieerde Resensie
Jeffreys Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Jeffreys Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 763 resensies.
"Wonderlike baai. Vriendelike mense met baie aktiwiteite vir kinders en lekker restaurante. Die see en golwe is heerlik om in te baljaar en dit was omtrent 'n ondervinding om die branderplankryers op Wavecrest te sien. Dis 'n paradys."
"Jeffreysbaai kort so paar goedjies om te doen om 'n mens en die kinders besig te hou, veral in die onplesierige koue dae."
"If you don't mind wind and rainy weather occasionally, I will recommend it definitely. Still there are lots more stuff to do even in bad weather. I will visit Jbay again."
"Die heerlikste vakansieplek! Daar was oorgenoeg om te doen. Jeffreysbaai se hoofstrand is seker die lekkerste swemstrand in Suid Afrika."
"'n Fantastiese plek. Nog beter is dat dit Afrikaans is. Net waar ons gaan, winkels, strate, strand, - Afrikaans is orals! Lekker."
"Jeffreysbaai is 'n ideale toerisme- en vakansiebestemming! Die lifequards en munisipale beheer is fantasties! Mooi, skoon strande!"
"Soos die res van die Oos-Kaap, baie sleg met padaanwysers in en uit die dorpie, maar verder lekker."
"Ons besoek Jeffreysbaai vir die afgelope 20 jaar en dit bly n aangename vakansiedestinasie."
"Pragtige, goed-versorgde dorp met pragtige strande en 'n lekker vakansie-atmosfeer."
"Fantastiese plek, daar is soveel om te doen en niemand sal ooit teleurgesteld wees nie."