Successfully reported

Verified Reviews

Cape Karoo

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Karoo

Rated 4.5 out of 5 based on 1912 reviews.

Prince Albert, Cape Karoo

The Cottage

"Prins Albert is 'n pragtige en rustige plek. Ons het ook baie veilig gevoel."

Sutherland, Cape Karoo

Pebble Stone

"Dit was heerlik om die sterre te sien en ook om by Blue Moon te eet. Die waiter was baie vriendelik daar."

Sutherland, Cape Karoo

Skitterland Gastehuis

"Ons het 'n paar dae in Sutherland gebly en daar is so baie om te doen. Buiten die sterrekyk is daar staproetes, kort en lank, en voëlkyk. 'n Besoek aan die SALT teleskoop was so leersaam."

Prince Albert, Cape Karoo

Karoo Khaya

"Produkte baie duur."

Laingsburg, Cape Karoo

Herambi Guest House

"Museum was very tatty, closed and appeared disappointing, how sad. Ditto for Info. Locals did not know significance of the signpost of cities of the world with deaths behind each sign. Also knew nothing about a route around the area to some ruins. Must have asked the wrong locals. A tremendous amount of drunkenness, also very sad."

Prince Albert, Cape Karoo

Koppie Cottage

"Pragtige dorpie met die mooiste ou geboutjies."

Sutherland, Cape Karoo

Primrose Cottage

"Besoek was die moeite werd ten spyte van die koue weer. Baie insiggewend gewees."

Prince Albert, Cape Karoo

Bushman Valley

"Die mooiste ligging in ons land, die vriendelikste mense en die kosbaarste plekkies om in te snuffel, koop, eet en sommer net nuwe vriende te maak."

Merweville, Cape Karoo

Kom Kyk Cottage

"Mooi dorpie. Besoek was die moeite werd."

Prince Albert, Cape Karoo

Koppie Cottage

"Baie oulike en rustige dorp. Ons het die tydjie baie geniet. Die Pink Slaghuis se diens is uitstekend en die lamsrib word aanbeveel."

Cape Karoo

Blesfontein Guest farm

"Baie mooi en baie interressant."

Merweville, Cape Karoo

Die Botes Huisie

"Oulike Karoodorpie. Besoek gerus die nougatfabriek, haal my hoed vir die twee vrouens af. En moenie verbyry sonder om die boekklub te besoek nie. Baie gawe mense."

Sutherland, Cape Karoo

Jack of the Karoo

"A quaint village with plenty to offer by welcoming locals. We highly recommend Blue Moon restaurant where we were met by Jannie and Sterland stargazing with Jurg who kept us spellbound with his knowledge and great sense of humour."

Laingsburg, Cape Karoo

Swallows Nest

"Te naby aan die Kaap en te ver van Gauteng."

Prince Albert, Cape Karoo

The Karoo Prinia

"Wat 'n mooi, goed gerestoureerde dorp met verskeie aantreklikhede en uitstappies. Goed versorg en met 'n wêreldklasmuseum."

Sutherland, Cape Karoo

Sterland Annex

"'n Moet ten minste een keer in 'n leeftyd."

Prince Albert, Cape Karoo

Casa Milorca

"Pragtige omgewing met heelwat om te doen en te sien. Beslis die moeite werd om Prins Albert te besoek!"

Prince Albert, Cape Karoo

Wolvekraal Guest Farm

"Pragtige plattelandse dorpie."

Ladismith, Cape Karoo

Karoo Karos

"As jy lief is vir die natuur, rustigheid geniet en 'n mense-mens is, kan jy gerus in Ladismith gaan vakansie hou."

Ladismith, Cape Karoo

Karoo Karos

"Klein dorpie met vriendelike mense, 'n uitstekende plek as jy beplan om in die berge in te gaan."

Merweville, Cape Karoo

Die Botes Huisie

"Merweville is vir seker 'n onverwagse skatkis in die pragtige Karoo wat ek ongelukkig nou eers ontdek het. Wat aanvanklik as 'n sakebesoek begin het, het eintlik in een van die rustigste en sielsgenesende wegbreke van my lewe geword. As gebore Namibiër, het ek nog altyd 'n groot waardering vir die platteland gehad. Nou dat ek in Kaapstad werk en bly, glo ek dat 'n mens so gereeld as moontlik uit die stad moet ontsnap sodat jou siel weer kan kans kry om te herlaai. En 'n besoek aan Merweville sal beslis nie teleurgestel nie! Wat vir my die opvallendste was is dat die dorpie werklik gaan "rus" wanneer die son sak. Snags is daar geen straatligte wat brand en selde enige motors wat rondry. Perfek vir diegene wat lief is om na die sterrehemel op te kyk - veral die asemrowende tipes wat die Karoo vir 'n mens elke aand skilder."

Prince Albert, Cape Karoo

Casa Milorca

"Interessante historiese dorpie - Die spooktoer is 'n moet vir elke besoeker."

Prince Albert, Cape Karoo

Bushman Valley

"Pragtige toerismedorpie. Gaan ry die Swartberg-pas en Meiringspoort."

Sutherland, Cape Karoo

Pa se Engel Oppi Plaas

"Sutherland in die Noord-Kaap van Suid-Afrika! Hierdie klein dorpie is 'n regte juweel wat jy moet besoek as jy op soek is na 'n unieke toerisme-ervaring en bibberkoue, selfs sneeu in die winter! Een plek wat jy beslis nie mag misloop nie, is Tjol se Gat, 'n kroeg wat van die gebaande pad af geleë is in die Verlatekloofpas, 20 km voor die dorpie Sutherland. Die gebou was die ou tolhuis ('n klein huisie by 'n tolhek waar geld ingesamel was van padgebruikers) wat tot Desember 1907 in gebruik was. As jy op pad na Sutherland is, moet jy beslis stop vir 'n drankie en 'n paar goeie stories by Tjol se Gat. Oom Tjol Herbst is 'n besondere karakter en sal jou sowaar inspireer met sy stories en dinge en jy sal dit nie wil misloop nie. En natuurlik, hoe kan ons die grootste teleskoop in Suid-Afrika vergeet? SALT is 'n unieke ervaring en jy sal nie teleurgesteld wees nie. Met 'n helderheid wat so skerp is as 'n oog van 'n arend, sal jy verbaas wees oor die skoonheid van die heelal. Dus, as jy op soek is na 'n unieke ervaring en 'n bietjie stof op jou boots, moet jy Sutherland besoek. Die dorp sal jou nie net verbaas nie, maar dit sal jou hart steel."

Prince Albert, Cape Karoo

Wolvekraal Guest Farm

"Oulike ou dorpie maar word ook nou baie kommersieël."

Matjiesrivier, Cape Karoo

Swartberg Backpackers

"Baie toeriste-attraksies en pragtige natuurskoon."

Page
Page 3 - Showing 61 to 90
Search broader areas

Welcome to LekkeSlaap

Welcome back!

Reset your password?

Join our newsletter!

Create an account to manage your bookings

Log in to your LekkeSlaap account

Log in to your LekkeSlaap account linked to

Enter your email address to get started

Subscribe to receive special offers