Verified Reviews
Cape Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Karoo
Rated 4.5 out of 5 based on 1935 reviews.
"Te min tyd gehad om reg daaraan te laat geskied. Sal beslis weer besoek. Heerlike etes geniet by Swartberg Hotel (aandete) en Lazy Lizzard (ontbyt)."
"Twee passe naby Sutherland wat onbeskryflike mooi uitsigte bied is die Oubergpas en Komsbergpas. "
"We loved travelling slowly through the poort, taking in the rugged surroundings. It is so worthwhile to leave the main routes in order to experience the almost forgotten parts of this beautiful part of our country."
"Dit lyk na 'n lekker plekkie om 'n paar dae te ontspan. Ons was ongelukkig oor 'n naweek van Saterdagmiddag daar en dus was meeste plekke toe. Sal beslis weer 'n draai daar maak, maar die keer sorg dat ons deur die week daar is."
"Absoluut 'n moet-doen vakansie. Was 'n belewenis. Niks soos ek dit voorgestel het nie. Daar was genoeg om elke dag te ry en goed te doen. Alhoewel dit koud was, was die ontvangs van die dorp se mense hartsverwarmend. Baie veilige plekkie om heeltemal te ontsnap uit die stad se gejaag en net af te skakel en die mooi wat die dorp het om aan te bied, te waardeer. Dus 'n top-vakansiebestemming. "
"Ladismith is 'n pragtige dorpie en omgewing. Het baie toeriste potensiaal. "
"Great en welbekend vir sterrekyk. Sal altyd Jurg aanbeveel vir sy sterrekyk - professioneel, kundig en goed toegerus met besondere teleskope."
"Sutherland het my siel geraak. Die mooste dorpie met die vriendelikste mense. Sal baie beslis weer eendag wil gaan. Star Gazing saam met oom Jurg Wagenaar was 'n belewenis, asook ons besoek aan SALT."
"Indien jy in sterre belangstel is die SALT toer 'n moet en Jurg se sterrekyk is aan te beveel."
"'n Móét-besoek, ten minste eenmaal in 'n mens se lewe. Jurg se sterrekyk-belewenis is ook 'n móét en die planetarium se twee vertonings was 'n besonderse ervaring! Net jammer dat die N.P. van Wyk-Louw-museum nie meer oop is nie."
" What do you do there? Is always the question asked when we say we are off to Sutherland for a long weekend. This place has an atmosphere all of its own and you just need to visit it once, to experience it and get hooked. Our August/September annual destination for a weekend away. Recommended to everyone. "