Verified Reviews
Kalahari
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kalahari
Rated 4.3 out of 5 based on 1907 reviews.
"Hoofpad bietjie bedrywig met lorries in die nag. Bietjie moeilik om uit die lodge uit te kom in die hoofpad in, van die plante belemmer die sig van aankomende verkeer. "
"Kakamas is 'n wonderlike dorpie vol karakter. Dit is ook gerieflik naby die Augrabieswaterval geleë."
"Skoon, netjies, Afrikaans, vriendelik en sentraal om heelwat toeristebestemmings te kan besoek."
"Die Kalahari is 'n ongelooflike ervaring! Pragtig en skoon, en die mense is ongelooflik vriendelik."
"The falls are spectacular. We wanted to eat our packed lunch at the falls and were physically attacked by monkeys."
"Pragtige skoon dorpie met pragtige omgewing wat beslis 'n besoek werd is. Naby die roete na Augrabies en Kgalagadi Nasionale Park."
"Dis 'n aangename dorp, maar het nog bietjie werk nodig om sy potensiële attraksies te ontwikkel."
"Baie goeie ligging, naby die Kalahari Mall en dorp, asook naby die hoofpaaie. Ook stil en rustig."
"Elke mens moet die wonder van Augrabies minstens een keer in die lewe sien en ervaar. Hier vind ek weer myself, keer op keer in die stilte wat jou ore seermaak."
"Mooi wêreld met die pragtige kameeldoringbome oral. Beste gholfbaan in die land tussen pragtige kameeldoring plantasie. Kalahari klub goed toegerus en baie netjies."
"Kathu het baie potensiaal. Aangenaam as 'n oorbly-dorp, met goeie stedelike geriewe. Die golfklub het 'n pragtige restaurant en omgewing."