Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Klein Karoo

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Klein Karoo bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1904 resensies.

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Bisibee

"Oudtshoorn het 'n pragtige atmosfeer. Hulle gaan uit hulle pad om toeriste so gemaklik as moontlik te laat voel. Interessante aktiwiteite om te doen in hierdie dorp. Mense vriendelik en rustige omgewing. Pragtige uitsig van berge."

Klein-Karoo

Shanzeley Guest House

"Pragtige grondpaaie orals maak dit maklik om gebied te verken en dis heel ontspannend om verby al die karoo plase te ry en te sien hoe almal saamwerk en leef. Meeste paaie na en van Baviaanskloof is ook in uitstekende toestand en maak vir aangename motorrit."

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Oasis Shanti Backpackers

"Oor die algemeen sal ek die dorp weer besoek en net meer navorsing doen rakende bestemmings wat meer SA mense vriendelik is met hulle prysklas. Te veel word gedoen vir mense wat met dollars en euros kom kuier."

Montagu, Klein-Karoo

Porcupine Peak Farm

"Die mense wat ons terloops ontmoet het was werklik warm vriendelike mense! "

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Van Biljon Cottage

"Baie skoon en netjies, net bitter koud gedurende Julie. "

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Greeff Cottages

"Baie vriendelike inwoners in Oudtshoorn. Sal weer kom."

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Die Fonteine Country Guest House and Glamping

"Die dorp en die omgewing het baie om te doen en te geniet. Kultuurhistories, natuur, boerderye, ens. Dit is die ideale plek om 'n paar dae oor te bly op pad tussen vele ander bestemmings. Ek dink net die dorp kan meer doen om besoekers met inligting te voorsien terwyl jy as toeris daar is; ons het maar baie opgelees andersins het jy ook nie geweet waar om te gaan nie. Ook nie juis toeristevriendelike winkels met produkte van die omgewing nie. Dit is egter maar dieselfde probleem by meeste bestemmings in ons land."

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Klein Karoo Game Lodge

"Moeite werd om 'n dag te spandeer."

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Amanda's Cottage

"Ons het dit as baie rustig ervaar."

Klein-Karoo

Amber Lagoon Backpackers Lodge

"Karoo is vir seker 'n moet-doen ervaring. Die winterfees in Calitzdorp is anders as al die ander gewone feeste in die omgewing. Oudtshoorn bied groot verskeidenheid aktiwiteite vir toeriste."

Montagu, Klein-Karoo

Koo Karoo Guest Lodge & Self-catering

"A beautiful town with stunning scenery and many opportunities for hiking."

De Rust, Klein-Karoo

The Travelling Tortoise Retreat

"Baie potensiaal en mooi Karoo-dorpie."

Montagu, Klein-Karoo

Badensfontein

"Sentraal geleë en baie mooi."

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Kranskloof Country Lodge

"'n Dorp met sy eie geskiedenis en geheimenisse. 'n Tuiste vir almal."

De Rust, Klein-Karoo

The Travelling Tortoise Retreat

"Ons het die naweek van die Meiringspoort Fiets wedren gekies, wat toevallig ook die naweek van die Kerk basaar was. Het dit vreeslik geniet, maar ek dink oor die algemeen is De Rust stil, en daar is nie veel vermaak nie. Mens moet verstaan dat dit 'n "wegkomkans" is wanneer jy De Rust kies as bestemming! "

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Die Fonteine Country Guest House and Glamping

"Karuza wyne maak vroeg toe, veral oor naweke. Hou dit ingedagte as julle dit wil besoek."

Klein-Karoo

Oudemuragie Guest Farm

"Wat meer kan mens sê oor die Klein Karoo, dit bly 'n voorreg om enige deel daarvan te besoek."

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Old Mill Lodge & Restaurant

"'n besoek aan Oudtshoorn is beslis die moeite werd en 'n goeie toeriste attraksie."

Montagu, Klein-Karoo

Abigail's Garden Cottage

"Beslis 'n moet stop. Veral Capedry."

Montagu, Klein-Karoo

Koo Karoo Guest Lodge & Self-catering

"Dit is 'n pragtige dorp en baie om te besoek."

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Turnberry Boutique Hotel

"Lekker plekkies om te besoek met klein kindertjies."

De Rust, Klein-Karoo

Room @ Irissa Rainbow Sanctuary

"Lekker fillet en pizza geniet by Herries."

Klein-Karoo

The Kliphuis

"'n Wonderlike plek en area met baie besienswaardighede. Baie eetplekke en mooi natuurskoon. Vriendelike mense."

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Cango Accommodation Units

"Baie om te doen en sien, kan dit aanbeveel."

Blad
Blad 48 - Wys 1411 tot 1440
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang