Verified Reviews
Kleinmond
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kleinmond
Rated 4.7 out of 5 based on 323 reviews.
"Pragtig geleë tussen berg en see. Een van Kleinmond se voordele is dat dit boonop maklike daguitstappies na 'n verskeidenheid kusdorpe en besienswaardige plekke moontlik maak."
"Ons het Kleinmond baie geniet. My dogtertjie het die strandmeer en see baie geniet. Ons het ook by Rooisand gaan stap voëls gekyk en wilde perde gesoek. Dis 'n rustige dorpie atmosfeer met selfs staproetes langs die rotse af ook. Sal vir seker weer Kleinmond besoek."
"Kleinmond offers some very well sign-posted and maintained walking paths and hikes on the mountains around and above the village. This was a pleasant surprise for us. Two tidal pools that we discovered while walking along the beach path/shoreline has given us even more reason to return once Corona is over and lockdown is lifted."
"Mooi strand. Wind bietjie gewaai hierdie keer, maar is 'n baie lekker plek as jy hou van visvang, hikes, die strand, kreef uithaal, ens."
"Kleinmond is 'n baie stil klein dorpie en met die strande wat tydens die inperking gesluit was, was daar nie veel om te doen nie. Bettysbaai en Hermanus is egter baie naby en bied meer in die lyn van restaurante en plekke om te besoek."
"Ons het hier kom aftree, so ek kan Kleinmond beslis aanbeveel. Die dorp het alles wat jy nodig het."
"Quaint and beautiful, I want to bring all my friends and family back to explore."
"Lekker vakansiedorp, met baie aktiwiteite. In die aande word die strate opgerol en gebêre by die petrolstasie en straatlampe word doodgeblaas."
"Goeie SPAR winkel. Boekwinkel (Oupa se Boekwinkel) langs die slaghuis is aan te bevele. Volop plek om te stap. Asemrowende plantegroei."
"Kleinmond is skoon en netjies. 'n Mens voel sommer veilig. Openbare geriewe by strandmeer in goeie toestand. Mense is gasvry en jy word orals gegroet. 'n Veertjie in die hoed vir die Overberg Munisipaliteit."