Verified Reviews
Kruger To Canyons
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kruger To Canyons
Rated 4.4 out of 5 based on 1140 reviews.
"Graskop het baie potensiaal en ek dink op 'n stadium was daar baie meer te sien en te doen in die dorp. Ongelukkig soos so baie ander toeristedorpe is dit besig om dood te bloei. Smouse is 'n groot bron van irritasie in die hoofstraat. Hulle pak die sypaadjie aan die eenkant van die straat toe en almal wil dieselfde goed aan jou verkoop. Hulle wil nie nee vir 'n antwoord vat nie, veral die wat neute verkoop. Ek hoop regtig Graskop se toerismeforum kan iets positief doen om die dorp weer "op die map" te kry, want dis 'n mooi dorp in 'n mooi omgewing. "
"Graskop is pragtig en sentraal en ideaal as 'n toeristebestemming. Die dame van die fotografie studio op die dorp moet meer advertensie kry want sy is gaaf en bied goeie afleiding met die fotossessies waar mens kan opdress in kostuums van jare gelede. Dit was baie fun!"
"House of glass. Best plek ooit. Sal beslis weer daar gaan eet, asook aan ander aanbeveel. 10 uit 10."
"Graskop is lekker sentraal geleë en dus ideal vir 'n besoek aan die gewilde plekke in die area."
"Graskop, die dorpie self is pragtig - net jammer daar is geen Wimpy of Spur nie, gelukkig is Sabie nie te ver. Uitstekend geleë vir al die besienswaardighede in die omgewing."
"Pragtige wêreld wat almal moet besoek. Baie mooi goedjies om te koop en lekker plekkies om te eet en te kuier."
"Die omgewing is pragtig. Meer mense behoort dit te kies as vakansie-/langnaweekbestemming."
"Ons het die hele omgewing platgery en die "woud was vir my een van die hoogtepunte. Dit was onweer en mistig en dit het soos 'n sprokieparadys gelyk. Graskop is sentraal geleë t.o.v. al die mooiste plekkies in die laeveld. "
"'n Voorstel dat Mpumalanga toerisme, en die paar ander wat die besienswaardighede reguleer, asseblief saamspan en 'n opsie daarstel van 'n enkele "permit" wat die voertuig en aantal persone by AL die uitsigpunte en watervalle toelaat. As dit vir 'n week of twee geldig is, sal dit die betaalpunte by elke uitsigpunt vermy/verminder."
"Graskop is a very small town. I would recommend staying there if you are going sightseeing for two days or so."
"Die dorpie self bied 'n paar oulike besienswaardighede, maar dis die omliggende omgewing wat ongelooflik baie opsies bied, van Pelgrimsrus tot die Kruger. Van Blyderivier Canyon af verby God's Window al die pad tot by al die watervalle rondom Sabie en die besienswaardighede rondom Hazyview en Witrivier. "
"A very tranquil town with wonderful people. Even the police are very nice. We were battling to take a picture of ourselves and one police officer parked his car, got out and offered to take a group photo of us ... that can only happen in Graskop!"
"Graskop is a great base for a weekend (or week) of the best cycling in the country."
"One can never get tired of this great sight seeing/tourism area in Mpumalanga. Graskop is still the best :-)."