Geverifieerde Resensie
KwaZulu-Natal
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in KwaZulu-Natal bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6974 resensies.
"Sodwana is een van ons gunsteling plekke om vakansie by te gaan hou, die water is so mooi skoon en warm, die feit dat jy enige plek kan swem sorg vir genoeg spasie vir almal en die bosse om mens laat dit voel of jy die best of both worlds kry as jy soontoe gaan. Baie ontspannend en lekker. Doen beslis jou duikkursus as jy gaan, dis baie mooi daar onder. Maak ook 'n draai by Hluhluwe Game Reserve op 'n bewolkte dag. 'n Rhino Card is 'n MOET as jy Sodwana toe gaan - dit spaar jou baie geld. En as jy Hluhluwe Game Reserve toe gaan, maak seker jy vat dit saam anders is dit duur om in te gaan vir die dag. Die klomp karwagte is 'n pes, en maak jouself reg vir hulle om jou te storm elke keer as jy parkeer maar maak maar net vrede dat jy met dit gaan sit en wees ferm met hulle dat jy net een gaan tip. Sodra jy strand toe gaan is dit weer vergete. Die tou om by die strand uit te kom kan lank wees in besige tye maar niks te erg nie, die paar negatiewe goedjies is nie genoeg om alles wat lekker van die plek is te top nie. As jy met 'n 4x4 gaan moet mens defnitief bietjie gaan explore en 'n dag by Lake Sibaya gaan spandeer. Daar is soveel om te doen wat mens bietjie tyd in die natuur spandeer."
"Die strand is lekker naby en stapafstand. Veilig en glad nie vol toeriste nie. Die natuurlike poele tydens laagwater het ons ure lank besig gehou met al die soutwatervisse wat te sien is. Glad nie nodig om te scuba om al die kleurvolle visse te sien nie! Selfs 'n seekat gekry!"
"Dis 'n baie stil plekkie, om net te gaan rus is dit 'n baie goeie opsie."
"The area is very clean and not too busy. The waves are just perfect."
"Balgowan is 'n lekker plek met klomp lekker besienswaardighede. Dit is so gerieflik want alles is op een pad. Ons het dit baie geniet om na die verskillende plekkies te gaan en nuwe dinge te ervaar. Die Meander is die mooiste plek. Net jammer ons het nie vooraf geweet meeste plekke is op 'n Maandag toe nie."
"Moenie haastig wees nie, besoek so veel as moontlik winkeltjies en eetplekke. Ons het juweeltjies ontdek!"
"Uvongo is sentraal en naby aan al die ander strande in die omgewing. Daar is 'n heerlike getypoel op die strand en 'n swembad wat werklik goed in stand gehou word."
"Shaka's Rock is a lovely, wonderful area. We were very impressed with the shopping areas, malls, shops and beaches."
"Wonderful laid back town, close to all amenities. Would love to retire there one day."
"Baie lekker dat Shelly Beach, Uvongo, Manaba Beach, Margate en Ramsgate so aaneen loop, met 'n wye verskeidenheid winkels en sentrums te kies en te keur na elkeen se smaak."