Geverifieerde Resensie
KwaZulu-Natal
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in KwaZulu-Natal bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6974 resensies.
Noordelike Drakensberge, KwaZulu-Natal
Pyramids Motel"Wens daar was meer sulke netjiese en bekostigbare plekkies op die N3!"
"Dis 'n klein, intieme strandjie - dit was regtig heerlik om te kon voel jy's op 'n eiland, weg van almal en geen geraas! Dit was lekker om die hele strand vir onsself te kon hê! Daar is nie baie sulke plekkies oor nie, so dit was 'n bonus!"
"Shaka's Rock is great if you have small children as the rock pools are lovely. But it's not great if you'd like to actually swim in the sea."
"Winterton self het nie baie om te sien nie. Die omliggende omgewing is egter regtig baie mooi!"
"Winkelgeriewe is nie na wense nie. Sentraliteit t.o.v. besienswaardighede is van hoogstaande gehalte!"
"Margate het redelik baie agteruit gegaan die laaste paar jaar. Wat dit wel (volgens my) red is die beter, stiller en skoner strande rondom, soos Ramsgate en Marina Beach."
Noordelike Drakensberge, KwaZulu-Natal
Witsieshoek Mountain Lodge"Northern Drakensberg is a really good place to go. I love the views! "
"Baie goed. Alle geriewe soos veilige strande en inkopiesentrums naby. Besienswaardighede soos Oribi Gorge, Lake Eland Park en wildtuin naby. Sal definitief weer daar vakansie gaan hou."
Pongolapoortdam, KwaZulu-Natal
Dive Inn Guesthouse"Kan die Jozini Tiger Lodge beslis aanbeveel - het heerlik daar tuisgegaan."
"Netjiese strand met supertube, nie oorvol mense, oulike dorpie met lekker eetplekke."
Noordelike Drakensberge, KwaZulu-Natal
Spionkop Lodge"Die area is baie mooi en beslis 'n moet vir die buitelugliefhebbers."
"Die hele Ramsgate omgewing gee mens die gevoel van weg van die gewoel wees en bied rustigheid en vrede vir jou siel. Die ligging stel jou in staat om te beplan of jy na 'n besige strand, 'n winkelsentrum, woelige naglewe, of natuur of dieper die binneland in wil gaan. Al die moontlikhede met die wete dat jy later kan terugkeer na die kalmte en rustigheid van Ramsgate, die perfekte vakansie-bestemming."
"Daar is baie om te doen soos diepseehengel, perdry in wildreservaat, boot ry op meer om seekoeie en krokodille van naby te sien, kaasfabriek besoek, krokodilplaas, restaurante met vars vis tot lekker lang stappies saam jou geliefdes of honde op die strand. Het elke oomblik geniet."