Verified Reviews
Lamberts Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Lamberts Bay
Rated 4.3 out of 5 based on 1001 reviews.
"'n Unieke en pragtige Weskus-dorp, maar daar sal tog gekyk moet word na die gebruik van alkohol op die strandgebied. Ons as eerste keer besoekers het dadelik die alkoholgebruik in die braai-area opgemerk en dan ontuis gevoel omdat ons weet dit word nie toegelaat op strande en publieke areas nie."
"Ek is van mening dat SAPD meer kan doen om alkoholmisbruik en partytjies op die piekniekterrein oorkant Eureka-woonstelle te verhoed. Mense wat daar gebraai en gekuier het, het die strand in 'n vieslike toestand gelos. Ons het Saterdag vroegaand 'n swart vullissak vol plastiekpakkies, leë bierbottels en koeldrankblikkies opgetel."
"Dis rustig. Misdaad is baie laag en polisie sigbaarheid is goed. Jy kan met ’n rustig hart gaan slaap."
"Lambertsbaai has got really friendly locals, and may not be the hottest tourist destination, but it is ideal if you want serenity and if you want the type of getaway where you are the only person on a beach."
"Daar is bietjie min om te doen - veral buite seisoen - die advertensies op die internet wys van die bootritte om te gaan walviskyk, maar die boot is lankal buite werking. Die restaurante is baie goed - veral op seekos. Muisbosskerm en Weskus Kombuis is 'n moet as jy hou van vriendelike ontvangs en persoonlike aandag."
"Small place that is a perfect break from the bustling city. Lots of little restaurants and places to visit. Enjoy feeling safe and calm while easy on the wallet."
"Ons hou baie van die omgewing en kom jare lank redelik gereeld op Lambertsbaai. Dit is deesdae net jammer van al die bedelaars en jong kinders wat goed probeer verkoop."
"Het 'n paar dinge om te sien, Malgaseiland. Goeie viskos-eetplekke. Blommeprag. Langste trein met steenkool ooit."
"Sal definitief weer teruggaan. Mooi, skoon en rustige dorp. Ideaal vir 'n naweekwegbreek of vakansie."