Verified Reviews
Lamberts Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Lamberts Bay
Rated 4.3 out of 5 based on 1001 reviews.
"Lambertsbaai is op sigself seker nie die beste toeristebestemming nie, maar dis ‘n dorpie met baie karakter en rustigheid. "
"Muisbosskerm is 'n moet. Maar 'n mens gaan Lambertsbaai toe om te rus, daar is nie baie toeriste aantreklikhede."
"Had lunch at the Weskus Kombuis, fish and chips excellent, the Kookfontein sauvignon blanc, a pleasant surprise (did not know about the estate). Staff friendly and efficient."
"Ons het lekker geëet by Isabellas in die hawe en na die voëls gaan kyk op die eiland, neem R5 kontant saam om in te kom by die hawe en R40 kontant om op die eiland te gaan."
"Die dorpie het 'n bietjie lewe nodig, maar daar is lekker restaurante in die omgewing."
"Dit is net jammer dat Lambertsbaai, soos alle mooi plekke so agteruit gaan, maar 'n moet besoek vir elkeen wat nog nie daar was nie."
"'n Heerlike, rustige atmosfeer met vriendelike mense. Beslis 'n moet as jy daardie kant is. En baie sentraal geleë om uit te ry na Elandsbaai en Verlorenvlei."
"Ek was nie eintlike beïndruk met die dorp self nie, maar sal weer teruggaan vir die Grotjie."
"Ek is mal oor Lambertsbaai. Dis 'n plekkie wat jou sielsrus gee en dat jy die nuwe week weer kan aanpak met 'n geruste hart. Beste plek om bietjie tyd te bestee, veral Isabellas Restaurant was baie lekker. "
"Ons het geëet by Weskus plaaskombuis op die hawe. Die seekos-platter was baie lekker en goeie waarde vir die prys. Ons het ook Clanwilliam toe gery wat baie plekke het om by te woon. Die Rooibosfabriek het baie goed om te koop, heerlik rooibos produkte."
"Dit is 'n pragtige dorpie met gasvrye mense. Ek kan Weskus kombuis asook Isabellas aanbeveel hulle kos uit die boonste rakke met n mooi uitsig en vriendelike diens. Daar kan net meer aandag aan die hoofstrand gegee word, hy is bietjie verwaarloos en 'n seer oog."
"Baie klein dorpie en daar gaan nie baie aan nie. So as jy net wil breek van besigheid in die stad dan is dit n perfekte wegbreek plek. Dis so rustig."
"Ons eerste keer op Lamberts en dit is 'n plek waarheen ons weer en weer sal teruggaan. Die plek het 'n regte rustige vakansie-gevoel gehad, self buite seisoen. Die mense is een van die grootste bates van die plek."
"Aangenaam verras. Pragtige kustuine, mooi wandelpaadjies en baie skoon. Lekker geëet by Issabellas."
"Far away. Typical West Coast fishing town with beautiful beaches and an interesting bird colony. Not much to do except relax and enjoy the solitude."
"My sister and I did not visit Bird Island as we felt the charges were rather steep for local pensioners to walk along and see a few sea birds."