Geverifieerde Resensie
Leeupoort Vakansiedorp
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Leeupoort Vakansiedorp bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 120 resensies.
"Maak baie seker in watter kamp jy bespreek. Ons was nie bewus van die verskillende kampe en dat dit die erfgroottes beïnvloed nie. Ons het dit goed getref, maar daar was een spesifieke kamp wat werklik onaardig was. Veral in besige tye sal ek eerder 'n groter erf wat verder van bure af is aanbeveel. "
"Hulle kan meer inligting verskaf oor die reservaat en die paaie opknap. Mens verdwaal baie maklik in die reservaat, omdat daar nie genoeg aanwysings is nie. Dalk kan hulle 'n wandelroete of hike maak vir mense wat graag wil stap en nie verdwaal nie."
"Netjies opgepas. Diere loop tussen die huise rond en paaie is ordentlik benoem en sigbaar."
"Ons het so welkom gevoel en al die mense in Leeupoort is baie vriendelik!"
"Dis beslis 'n plek om weer met fauna en flora op 'n besonderse manier kontak te maak."
"Daar was hier en daar rommel wat rondgelê het en van die huise kan regtig bietjie opgeknap word en gemors wat hulle so versamel weggooi/uit die oog hou. Vra tog die permanente inwoners om nie die diere met klippe en stokke te verjaag nie. As hulle nie daarvan hou nie, kan hulle mos stad toe trek!"
"Leeupoort is nie net 'n plek vir rus vir die ligaam nie, sit is ook 'n plek vir rus vir die siel!"
"Die dorp was baie rustig en die mense wat daar was is baie vriendelik. Ons het by die die restaurant geëet en was aangenaam verras met die kwaliteit van die kos. Die atmosfeer by die swembad was feestelik en daar is piekniektafels en braaiers by die swembad."
"Die beste plek om te gaan met kinders wat lief is vir diere. Die bos en lekker fietsry. 'n Heerlike vakansie vir die hele gesin."
"Dis nie elke dag wat wilde diere uit jou hand uit eet nie! Leeupoort Vakansiedorp is lekker om te beleef!"
"Geriewe sluit in slaghuis, winkel, bottelstoor, restaurant, swembad en kroeg. Is baie gerieflik om alles te hê en al die geriewe is goed instand gehou."
"Leeupoort oor die algemeeen is 'n wonderlike, mooi plek. Alles is goed instand gehou en baie mooi skoon."
"Dit is baie sentraal geleë en daar is 'n winkel wat noodsaaklikhede verkoop wat dit baie gerieflik maak."
"Very safe and we enjoyed the animals coming to the house. People at the entrance gate are very friendly and helpful. "
"Jammer oor net 1 restaurant op die terrein waarvan die diens baie stadig was en daar's glad nie 'n nie-rook area nie wat dit moeilik maak vir mense wat dit sou verkies. Die kos was maar gemiddeld en ook nie vreeslik baie om van te kies nie. Ons het oor die algemeen ook die gevoel gekry dat die mense in restaurant, winkel en slaghuis nie vreeslik vriendelik is nie. Die winkel het net die basiese benodighede. Vat dus genoeg kos saam. Leeupoort het baie diere, ons het veral die vlakvarkkleintjies wat gereeld kom hallo sê het vreeslik geniet. As jy nie wil rondry nie en net by die huis wil kuier sal ek Leeupoort aanbeveel."
"Dit sal welkom wees as Winkeltjie bietjie meer nodige voorraad kan aanhou, veral gedurende die Kerstyd wanneer meer benodig kan word."