Geverifieerde Resensie
Marloth Park
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Marloth Park bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1947 resensies.
"Die grondpaaie is uiters swak en plek-plek onrybaar. Die winkel in Marlothpark is ook maar karig toegerus as jy dink hoeveel toeriste van dit gebruik maak."
"Al baie by Marloth vakansie gehou en dit bly een van die beste waarde-vir-geld-plekke naby die Krugerwildtuin."
"Net by die winkelsentrum is daar te veel mense wat in die strate rondstaan en werk soek."
"Stricter rules towards smokers who throw their cigarette butts all over the place. That's a real big concern towards our wildlife. Suggestion: Bins close to viewing points for rubble/cigarette butts."
"Die trokke raas baie en jaag vreeslik op die deurpas, oorweeg miskien permanente kameras vir spoed beheer. Verbeter ook dalk paaie by draad aan rivier se kant, dis nie toeganklik vir alle voertuie nie veral vir Sunset drives. Verder is Marloth perfek."
"Ek het die omgewing 'n bietjie raserig gevind met konstruksievoertuie wat op en af beweeg. Die geriewe was aanvaarbaar en baie netjies, maar kan sekerlik doen met 'n bietjie opknapping en miskien sou 'n kaart van die omgewing handig te pas gekom het met inligting oor geriewe en dienste wat 'n mens kon gebruik, bv. 'n spa in die omgewing, uitkykpunte, staproete - al is dit padlangs."
"Daar is maar min diere in die park. Soos bokkies, kameelperde, kwaggas, ens. In die verlede het ons dit baie geniet met baie meer diere. Die voëlskuilings is baie oulik en ons het etlike skaars spesies waargeneem. Die hout by die hek is aan die duur kant en buitendien nog sopnat. Verder is Marlothpark steeds een van ons mees gewilde wegbreekoorde. Sal ons beslis weer sien."
"Alles wat jy nodig het kry mens in Marlothpark. Lekker rustige atmosfeer. Baie wild om te sien. Hulle kan aandag aan die grond paaie skenk."
"Paaie is slegter as wat ek verwag het vir mense wat laer karre het. Miskien moet hulle 'n waarskuwing opsit."
"Ek hou van die winkelsentrum wat naby die die huis geleë is. Jy het alles wat jy nodig het."
"Was very busy due to the long weekend. Enjoyed it much more previously when it wasn't so crowded."
"Hulle kan dalk werk aan hulle sekuriteit by die hekke, om meer paraat en konsekwent te wees. Die sekuriteit in hul bakkie moet asseblief aangespreek word oor hulle in die aande so jaag op die paaie en nie eintlik bedagsaam is met toeriste of diere op die paaie nie."