Verified Reviews
Mc Dougalls Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mc Dougalls Bay
Rated 4.1 out of 5 based on 99 reviews.
"McDougallsbaai is 'n aangename vakansiebestemming met geen oorvol strande en verdrukking nie. Die rustigheid van die kusdorpie betower regtig 'n vakansieganger. Die inkopiesentrums en restaurante voorsien in alle behoeftes wat besoekers moontlik mag het."
"Strand was vol bamboes en baie vlieë. Ek het die Lambertsbaai en Elandsbaai area baie meer geniet, skoon en minder raserige mense."
"Ons het dit as sentrale punt gebruik en elke dag gereis na die omliggende bestemmings (Alexanderbaai, Kleinsee ens.). McDougallsbaai en Port Nolloth op hul eie bied nie veel om te doen of beleef nie."
"Dis 'n wonderlike vakansieplek, ons is verbaas dat die plek nie oorval word met toeriste nie! Ek voel vir 'n verandering of ek uitgerus het omdat dit nie te besig is nie en die paaie soontoe baie stil is."
"Ek was 5 jaar laas op McDougallsbaai en wat 'n metamorfose. Het die plek byna nie geken nie. Ou Dr. Bakker se huis is weg."
"Everyone is very friendly in this little town. I've fallen in love with every aspect of it."
"Die enigste ding wat my afsit is die wind wat gedurig waai. So onplesierig mens kan nie eens buite braai nie."
"Ons was taamlik verlig toe ons in Port Nolloth kom en daarvandaan na McDougallsbaai moes ry om daar na ons verblyf te gaan! Ek dink dit was uitstekend!"
"'n Oulike plekkie met wonderlike vriendelike mense. Dit was wonderlik om daar te bly en lekker te rus."
"Lekker afgesonderde area - omtrent net vakansiegangers. Restaurante en winkels so 4 km weg in Port Nolloth."