Verified Reviews
McGregor
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in McGregor
Rated 4.5 out of 5 based on 242 reviews.
"'n Pragtige, karaktervolle dorp met die mooiste huise! 'n Uitstekende keuse vir 'n wegbreek van die stad se gewoel."
"Vir daardie langverwagte wegbreek net om by jouself te wees en alles weer bymekaar te kry, is McGregor, en natuurlik die ongelooflike mooi omgewing, net reg!"
"Die mense van McGregor is oor die algemeen baie vriendelik en hulpvaardig. McGregor het vier voetslaanpaaie deur die dorp wat verby verskeie ou geboue gaan. As 'n mens die argitektuur wil sien van die 1800's dan sal McGregor nie teleurstel nie. Die Temenosoord is 'n moet-besoek. Vra gerus die bestuur om deur die tuin te gaan stap vir 'n besondere ervaring. McGregor bied heelwat eetplekkies aan waar geëet kan word, elk 'n unieke ervaring. Eseltjiesrus, die oord vir donkies en esels wat nie meer produktief kan werk nie is 'n besondere ervaring om te besoek. Die pottebakkery het verskeie potte te koop wat 'n juweel sal wees in enige huis. Daar is buite McGregor 'n wynproe-geleentheid of twee. Vir 'n naweek is daar beslis meer as genoeg om te doen, maar McGregor se lekker is juis in die lekker van niks doen en ontspan."
"If peace and tranquillity are what you're after, coupled with good, artisanal food, then McGregor is the place for you."
"'n Goeie wegbreek vir die natuurliefhebber. Daar is 'n paar staproetes en maak vir 'n rustige naweek uit die stad. Sal voorstel om ten minste 1 maal in jou lewe McGregor te besoek. Lords Wines is ook in die area en 'n definitiewe móét wanneer jy daar is."
"Ons was al 'n paar keer in McGregor. Dit is net die regte dorp vir ons stadsmense om weg te kom van al die gejaag en net te onspan. Daar is genoeg restaurante om by te eet en die mense daar is ongelooflik vriendelik."
"Lovely little village. Wish there was more to explore, but the level 3 lockdown definitely played a role."
"Fantastiese dorp met die vriendelike mense. Kultuur historiese geboue en asemrowende landskap. Stil, rustig en pure plattelands. Perfekte wegbreek uit Kaapstad"
"My third visit to a workshop at Millstone Pottery. My husband enjoyed all the walks around McGregor and found the people friendly and helpful. We will go again."
"The perfect isolated getaway with quirky restaurants and wonderful wilderness spaces."
"It forces you to rest and unwind. There's not much to entertain teenagers or kids. Lovely quaint shops. Nice place to take walks or jog. Numerous restaurants. Lord's Wine Estate is a must to visit. Peaceful."
"Kan Lord Winery aanbeveel vir wynproe en vir heerlikke kos. Lekker gekuier by At the Courtyard."
"Friendly people, really safe and a treasure which is untouched, it's lovely and quaint."