Geverifieerde Resensie
Middelburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Middelburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 75 resensies.
"Middelburg, nogsteeds een van die skoonste dorpe in Mpumalanga. Die toegangswee tot die dorp word ongelukkig geteister met swaar verkeer(vragmotors), wat lei tot frustrasie."
"Die nuwe mall, wat letterlik net om die hoek is vanaf Aero Lodge, het al die fasiliteite en benodigdhede gehad wat ons gesoek het."
"Dis nie 'n toeristedorp nie, maar is 'n goeie halfwegstop tussen Gauteng en die Laeveld."
"Mooi skoon en netjies in die woonbuurt. Geen geraas van verkeer nie. Goeie ligging."
"Middelburg was nie ons eindbestemming vir die vakansie nie. Die inkopiesentrum langs Aero Lodge is gerieflik. Ons het gou 'n burger daar gaan eet."
"Straatbeligting in die aand nie van die beste nie. Veral in die winter wanneer dit vroeg donker word."
"Nie veel om te doen in die dorp of mall nie. Mense is baie vriendelik, iets wat mens nie sommer sien in die stad nie."
"Eerste keer in Middelburg. Aangenaam verras met die netheid van die dorp. Welgedaan."
"Ons het oornag so nie regtig iets besigtig nie. Aandete by Jitters was heerlike huiskos, dis 'n restaurant naby verblyf."
"We unfortunately had an unpleasant experience in the CBD were two men distracted my husband and stole my cellphone from within our car whilst my husband was sitting in the driver's seat and I had gone into an emergency pharmacy to purchase medication - so safety within the CBD would need to be addressed."
"Enigste negatiewe punt op ons reis was die toestand van die paaie. Baie lekker gebly en sal dit aanbeveel. "
"Strate is baie vuil en rommel lê oral rond. In die middestad is die misdaadsyfer baie hoog en word mense beroof van selfone en beursies. Selfs diefstal uit motorvoertuie is hoog."
"Die pad oor Bethal na Middelburg was baie mooi. Maklik bereikbaar met GPS aanwysings."