Geverifieerde Resensie
Mjejane Game Reserve
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mjejane Game Reserve bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 6 resensies.
"Mjejane is 'n pragtige wildreservaat - ons het leeus, renosters, olifante, kameelperde, zebras, verskillende bokkies - alles gesien op pad na ons verblyf. Ons sal definitief al ons wildtuinvakansies in Mjejane wildreservaat hou! Dis veilig, almal is so vriendelik en skoon."
"Baie goeie bestemming en lekker naby die wildtuin. Moet egter sê dat die brug wat direk toegang tot die wildtuin verskaf 'n massiewe plus punt sou wees. Dit neem tot 2 uur om binne die wildtuin te kom wat alles verhoed kan word indien die brug oop is."
"As julle julle hoofpad bietjie opknap sal dit 'n pragtige plek wees om te gaan vakansie hou. Die pad is baie besig dus is die pad uitgery, lelik en stowwerig."