Geverifieerde Resensie
Mossel Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mossel Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 2002 resensies.
"Sentraal geleë vir besoeke aan ander dorpe se toerisme-aantreklikhede. Het self 'n paar jaar terug in Mosselbaai gebly en het sommer weer tuis gevoel."
"Amazing plek. Wat ons dadelik opgetel het is hoe skoon die omgewing is & die mense is verskriklik vriendelik. Pragtige plek & rustig. Kos vir die siel. Jy vergeet van die Gauteng malligheid & gejaagdheid."
"A visit to the Museum is highly recommended. It is a treasure trove of Maritime history. The breakfast trip on the Dias Express is also worth every penny!"
"Vir Meimaand was die weer baie aangenaam. Mosselbaai was 'n baie aangename ondervinding."
"Die skoonste dorp in SA. Vriendelike en behulpsame mense oral gevind. Strande maklik bereikbaar."
"Mosselbaai is 'n goeie voorbeeld van hoe toerisme-geleenthede ten volle benut kan word en die dorp is in goeie toestand. Doen asb. so voort, Mosselbaai!"