Verified Reviews
Mossel Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mossel Bay
Rated 4.8 out of 5 based on 2002 reviews.
"Dit is ideaal vir vakansiegangers wat net will "lock up and go!" Die winkelsentrum is net om die draai, die reis strand toe is kort en die area is veiling en rustig. Ek sou se dis lekker sentraal."
"Pragtige kuslyn! Ons was meer binne Danabaai wat alles aanbied as wat ons nodig gehad het vir 'n wegbrekie!"
"Verkeer is 'n nagmerrie! Baie dinge om te doen in Mosselbaai, maar vat baie lank as gevolg van slegte verkeer! Dit voel asof die dorpie oorbewoon is en daar is net teveel mense tydens hoogseisoen. Daarom is Grootbrak 'n bietjie beter vir daardie regte vakansie-gevoel in die natuur. "
"Voorbaai is bietjie meer gerig op besigheid as toerisme, maar is baie goed geleë vir iemand wat graag in verskillende rigtings wil uitgaan en die omgewing geniet. Dalk ook vir 'n besigheidsbesoek."
Mossel Bay Golf Estate, Mossel Bay
Mossel Bay Golf Estate"Die gholfbaan is in 'n uitstekende toestand. Ek was mal oor die bokkies wat daar rondloop. "
"Teenagers love Mossel Bay. There is so much to do and all the friends are there!"
"Heerlik en skoon. Verseker 'n rustige vakansiebestemming. Sal verseker weer gaan."
"Asemrowend, fantasties, so baie dinge om te doen. Gaan Mosselbaai definitief weer besoek."
"Mooi area, maar nie veel om te doen in die nabye omgewing nie. Behalwe vir die see is daar nie veel ander buitemuurse aktiwiteite nie. "
"Ek hou baie van Mosselbaai. Die eetplekke by die punt (twee van hulle) is baie goed. Ek het by die "Carvery" langs die hotel geëet. Verskriklik lekker kos. Verlede jaar het ek die Oyster Catcher Trail gedoen en vier dae by die Blue Whale Lodge gekuier."
"Baie lekker eetplekkies so al langs die strand. Die Kaai 4 se Mosselpot is die beste ooit! Veilig en Afrikaans vier hoogty hier! "