Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6283 resensies.
"Graskop, die dorpie self is pragtig - net jammer daar is geen Wimpy of Spur nie, gelukkig is Sabie nie te ver. Uitstekend geleë vir al die besienswaardighede in die omgewing."
"Baie pragtige oord. Sekuriteit van hoogstaande gehalte. Die diere in die kamp dra by tot 'n ongelooflike tydperk. Sal beslis weer by Marloth Park tuisgaan!"
"Baie mooi, vreeslik geniet met al die diere en die mense is ongelooflik vriendelik."
"Dullstroom is 'n pragtige plek. Natuurskoon is asemrowend mooi, en die winkeltjies bied 'n groot verskeidenheid. Bird of prey sentrum 'n absolute moet om Te besoek. Sal definitief weer in Dullstroom gaan kuier. "
"Baie rustig plattelandse bestemming naby Krugerwildtuin aan baie ander wegbreekplekke. Laeveldse atmosfeer maak dit uiters aantreklik en baie om te doen in die omgewing."
"Pragtige wêreld wat almal moet besoek. Baie mooi goedjies om te koop en lekker plekkies om te eet en te kuier."
"Die omgewing is pragtig. Meer mense behoort dit te kies as vakansie-/langnaweekbestemming."
"Ons het die hele omgewing platgery en die "woud was vir my een van die hoogtepunte. Dit was onweer en mistig en dit het soos 'n sprokieparadys gelyk. Graskop is sentraal geleë t.o.v. al die mooiste plekkies in die laeveld. "
"'n Voorstel dat Mpumalanga toerisme, en die paar ander wat die besienswaardighede reguleer, asseblief saamspan en 'n opsie daarstel van 'n enkele "permit" wat die voertuig en aantal persone by AL die uitsigpunte en watervalle toelaat. As dit vir 'n week of twee geldig is, sal dit die betaalpunte by elke uitsigpunt vermy/verminder."
"Uitstekende ligging naby die Krokodilrivier met sagte 4x4-roetes langs die Krugerwildtuin."
"I will go back anytime. Hazyview is a nice place to relax and lots to do around the town."
"Graskop is a very small town. I would recommend staying there if you are going sightseeing for two days or so."
"Die dorpie self bied 'n paar oulike besienswaardighede, maar dis die omliggende omgewing wat ongelooflik baie opsies bied, van Pelgrimsrus tot die Kruger. Van Blyderivier Canyon af verby God's Window al die pad tot by al die watervalle rondom Sabie en die besienswaardighede rondom Hazyview en Witrivier. "