Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6283 resensies.
"Persoonlik dink ek dat Dullstroom 'n bietjie oor-verkoop word, maar dit is nie sleg nie. Eetplekke is baie goed (ook die verskeidenheid van eetplekke), maar die winkels is maar baie meh. Die parkeerassistente was ook verskriklik opdringerig (selfs 'n slag of wat aggressief) en neem weg van wat 'n goeie ondervinding kon wees."
"Oulike dorpie, goed geleë om al die nabye aantreklikhede en Kruger te besoek."
"Dit is 'n lekker dorpie met alles wat jy nodig het, maar die trokke, padwerke en verkeer deur die dorp is 'n frustrasie."
"Al die paaie is nie toeganklik nie, maar die omgewing en wild maak op daarvoor. Winkeltjie is bietjie duur, maar die onkostes maak sin."
"Oor die algemeen het die dorpie heel netjies voorgekom en 'n riem onder die hart dat die inwoners van ons Hazyview die instandhouding oorneem."
"Ai, die dorp het beslis beter dae geken. Die Spar is wel nog heeltemal skaflik. Ons sal die Glass House restaurant aanbeveel, heerlike kos. Vriendelike diens."
"Perfekte wegbreek en oorslaapplek om jou voor te berei vir Mpumalanga se miljoene slaggate wat op jou wag terug Gauteng toe."
"Die pad was nie te erg nie, net die potholes is 'n pyn, plekke is ver van mekaar. 'n Naweek is te kort om by als uit te kom."
"Mooi groot dorp. Nie die dorp eintlik besoek nie. Was net vinnig in by 1 groot winkelsentrum. Baie skoon en behulpsame mense."
"Odd that restaurants were closed on Sunday evening. Finding place to eat was difficult."
"Marlothpark se ligging is baie goed en indien jy die wildtuin wil besoek, is Krokodilbrug 'n paar kilometer verder. Die diere in Marlothpark is ook mak genoeg sodat jy nie na enige van hulle moet soek nie."
"Ons geniet dit om Marloth toe te gaan, dit is naby genoeg aan die Wildtuin dat 'n mens 'n dagtrippie soontoe kan maak. Daar is egter ook genoeg om te doen, as mens nie na die Wildtuin gaan nie. Ons geniet die rustigheid en die diere wat tussen die huise rondbeweeg."