Geverifieerde Resensie
Escape From Johannesburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Johannesburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 5363 resensies.
Potchefstroom, Ontsnap Uit Johannesburg
Beesdam Guesthouse"Agteruitgang van munisipale dienste. Pad baie sleg en vol slaggate."
Leeuwkloof Valley, Ontsnap Uit Johannesburg
Lethula"As a collective, perhaps their information can be updated or be more readily available. It is such a gem right on our doorstep here in Gauteng, yet very little is known about this destination. I had the privilege to meet a local or two and they were most friendly and helpful."
Deneysville, Ontsnap Uit Johannesburg
New Beginnings B&B"Goeie bestemming om die Vaaldam se ligging en geskiedenis te verken."
Potchefstroom, Ontsnap Uit Johannesburg
Silver Spoon Selfsorg"Het ingeskakel by 'n biduurgroep en was warm ontvang. As jy soek of vra, sal jy iets van alles kry."
Skeerpoort, Ontsnap Uit Johannesburg
Brown's Cabin and Cottages"Wow! Asemrowend mooi en soveel dinge om te doen."
Dinokeng Wildreservaat, Ontsnap Uit Johannesburg
Plaas Toe"Die conservation fees en self-drive fooie is nogal duur vir 'n gesin, maar die reservaat se paaie is mooi onderhou. Daar is ook relatief baie diere (Groot 5) maar getalle is uit die aard van oppervlak veel minder so jy moet bereid wees om baie te ry en te soek - dan word jou soekvernuf beloon. Piekniekplekke is mooi skoon en restaurante wat in privaatbesit is sorg vir verskeidenheid opsies. Daar is verskeie roetes dus is daar genoeg ruimte dat mens nie baie voertuie op die paaie kry nie."
Reitz, Ontsnap Uit Johannesburg
The Lillies Guesthouse"Ons het heerlik geëet by Bon Apetit. Die kos is heerlik en regtig nie duur nie. Ons was in Reitz vir 'n troue. Dit is 'n plaasgemeenskap en die meeste mense in die winkels kan jou help in Afrikaans. Die dorp het genoegsame winkels om die noodsaaklike goed daar te kry vir selfsorgeenhede of indien daar 'n noodgeval is. Ek is nie seker of die winkels op Sondae oop is nie so koop maar die nodige goedjies voor Sondag. Daar is 'n Spar, klerewinkels, banke, kerke en ook groot handelstakke soos VKB. Alhoewel sommige van die strate in die dorp nie baie mooi onderhou is nie, is die hoofstrate redelik netjies. Reitz is 'n taamlike groot dorp maar daar heers 'n rustige atmosfeer. As mens bietjie soek dan is daar redelike aktiwiteite in en om Reitz om jou besig te hou."
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
Ella's Cottage"Dalk mag die rivier se watergehalte in die toekoms 'n negatiewe effek op toerisme hê."
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
Eliora Gastehuis"Sadly the municipal services (lack of) are a hindrance to the many interisting enterprises operating in the town."
Kroonstad, Ontsnap Uit Johannesburg
Rose Cottage"We had to repair a tyre which was done very quickly and efficiently in Kroonstad."
Kroonstad, Ontsnap Uit Johannesburg
Micarla's Bed and Breakfast"Toestand van die paaie in dorp teleurstellend swak, maar ons weet hoekom. Ons kon by ingang na dorp sien hoekom dit die Dorp van die Jaar toekenning gekry het, maar o wee. Die res is maar wat ons oral teekom in ons eens mooi land."
Rustenburg, Ontsnap Uit Johannesburg
@ Home Guest House"Rustenburg is 'n stad met besige paaie, dus moet jy jou roete goed ken."
Hartbeespoort, Ontsnap Uit Johannesburg
Out of Africa Lodge"Dis 'n persoonlike voorkeur en het nie noodwendig iets met die omgewing of aanbiedinge te doen nie, maar vir ons is dit maar oorgekommersialiseer."
Kroonstad, Ontsnap Uit Johannesburg
The Lavender Guesthouse"Dorp van die jaar in 2022, maar dis maar net 'n deel van die dorp. Baie verwaarlosing, stroping ens."
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
River View"Die dorp was silwerskoon en het 'n pragtige nuwe winkelkompleks."
Standerton, Ontsnap Uit Johannesburg
The Log Cabin Apartment Hotel"The roads from town going to the log cabin are terrible."
Potchefstroom, Ontsnap Uit Johannesburg
Die Opstal Gastekamers"Potchefstroom is 'n uitstekende studentebestemming."
Potchefstroom, Ontsnap Uit Johannesburg
Road Lodge Potchefstroom"Oulike dorp, jammer dat die paaie ook maar vol slaggate is."
Potchefstroom, Ontsnap Uit Johannesburg
2 Owls Guesthouse"Studente maak van Potch 'n energieke dorp met heerlike kuierplekke vir jonk en oud. As die munisipaliteit net die lyne in die strate oorverf, sal dit sommer baie mooier lyk!"
Hartbeespoort, Ontsnap Uit Johannesburg
Kosmos Manor"Die oggend was dit net hartseer dat as gevolg van al die hiasinte was die hele uitsig bederf omdat die hele dam toe was daaronder."