Verified Reviews
Oranjeville
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Oranjeville
Rated 3.5 out of 5 based on 12 reviews.
"Dis 'n vissersdorpie. Daars nie baie daar rond om te doen nie. Visvang is dit hoogtepunt daar."
"Die natuurlike omgewing soos die vaaldam onder andere is baie mooi en perfek vir 'n rustige herlaai en wegbreek. Baie interessante en anderste omgewing, daar is baie besienswaardighede en doendinge in die nabye omgewing soos die glanse de Vry Distillery en ook op die pad gesien daar is 'n leeuplaas in die nabye omgewing. Die grond, klippies en bietjie "potholes" paaie, veral in die aand maak dit bietjie moeiliker, maar definitief die moeite werd, veral met 'n moontlike bakkie."
"Die paaie is baie sleg. Oor die algemeen het ons baie plaaslike mense gekry wat baie kru taal gebruik het en daar was selfs meer as een geval 'n lelike bakleiery by 'n familierestaurant waar ons Saterdag aand aangedoen het. Ek weet nie of dit plaaslike inwoners of vakansiegangers was nie, maar dit laat 'n bitter smaak in my mond."
"Oranjeville se mense het my verbaas. Hul was vriendelik en gee 'n besonderse kleur aan 'n vakansie. Die dorp het pragtige nostalgiese winkeltjies waarin 'n mens kan verdwaal. Ons sal weer hierdie dorp besoek."
"I find it a very interesting place, but the roads on the way there are unfortunately horrible."