Verified Reviews
Oudtshoorn
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Oudtshoorn
Rated 4.6 out of 5 based on 1090 reviews.
"Definitief 'n plek wat die moeite werd is om te besoek. 'n Naweek is te kort vir al die besienswaardighede."
"Ons harte is seer oor die verskriklike droogte! Ons kuier altyd lekker daar. Hulle het wonderlike restaurante."
"Daar is darem so baie om te doen! Ons het die Kango Grotte besoek en Cango Ostrich Farm. Die volstruisplaas was absoluut fantasties! Die kinders het dit verskriklik baie geniet!"
"Oudtshoorn is 'n pragtige toeristebestemming met vriendelike innemende inwoners. "
"Ons was eers op pad Knysna toe, maar die bespreking het toe verval. Ook maar so deur God bestuur. Want ons is ook maar lekker laat uit die Kaap weg. Het vorige keer die Cango Caves gedoen en het die kennisgewing langs die pad van die Cango Wildlife opgemerk en 'n nota gemaak om dit op die volgende besoek te doen. En dit was regtigwaar die moeite werd. Plek en omgewing was baie rustig. En het ook vir Shiela by Chandelier ontmoet. Baie dankbaar vir die wegbreek. Knysna, volgende keer. "
"So much to do and see, just look at the amount of visitors it attracts from all over the world. "
"Oudtshoorn bied baie besienswaardighede en sal aan almal se behoeftes voorsien. "
"We were pleasantly surprised with the number and quality of restaurants! As well as the various activities in and around the town!"
"Het al amper vergeet van al die interessante dinge wat Oudtshoorn bied! Krokodilplaas (met 'n magdom ander diere natuurlik ook!), volstruis-toere met voer, vryf en foto's. Vir grotte en ander dinge was daar nie meer tyd (en seker geld ook) nie."
"'n Fantastiese vriendelike dorp, warm vriendelike mense, baie interessante toere en besienswaardighede en netjies. Beslis 'n dorp om op 'n toerkalender in te pas."
"Die stadsbestuur sal moet begin om die strate en ander fasiliteite soos die burgersentrum op te gradeer."
"Daar's baie om te doen vir kinders en lekker restaurante. Mooi natuurskoon. Vriendelike mense."
"Ons het al verskeie male in die omgewing gebly - en is mal daaroor om die Swartbergpas te ry - dit is net 'n ongelooflike belewenis om daardeur te ry. Natuurskoon soos min! "