Verified Reviews
Oudtshoorn
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Oudtshoorn
Rated 4.6 out of 5 based on 1090 reviews.
"Wil weer gaan en langer bly om omgewing beter te verken. Fantastiese bestemming en omgewing om weer te besoek."
"Daar is so baie om te sien en te beleef in Oudtshoorn dat jy definitief meer as 2 nagte moet oorbly."
"Alhoewel Oudtshoorn maar 'n stewige rit uit die Kaap is, is ek nooit jammer dat ek so ver gereis het teen die einde van my besoek nie. Met die Kango Grotte wat altyd 'n nuwe ervaring is (maak nie saak hoeveel keer mens al daar was nie), die verskeie wildreservate, interessante winkels, koffiewinkels en restaurante bied Oudtshoorn meer aktiwiteite as wat mens kan inpas in selfs 'n twee weke besoek."
"KKNK maak van Oudtshoorn beslis 'n heerlike plek om te kuier. Die dorp is ongelooflik skoon, al is daar soveel toeriste wat die strate oorneem. 'n Ware juweel!"
"Die enigste probleem met Oudtshoorn is die straatkinders wat om elke hoek sit en bedel. Veral in die donker hoekies in die aande."
"Skoon dorp met baie besienswaardighede en baie vriendelike mense."
"Ons het die Cango Wildlife Park besoek en dit was werklik 'n wonderlike ervaring vir my en my seun. Die Wesbank MTN Leopard Crawl (waarin my seun deelgeneem het) was 'n goed georganiseerde byeenkoms en ons sal definitief weer daaraan deelneem. "
"Een prima doel! Zeer vriendelijk aandoende stad, mooie omgeving, fijne mensen."
"Will definitely come back as there is much more I would like to see and explore. Weather is awesome!"