Verified Reviews
Paarl
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Paarl
Rated 4.7 out of 5 based on 515 reviews.
"Paarl is waarlik 'n bekorende stukkie Wes-Kaap wat elke toeris se asem sal bekoor. Baie besienswaardighede en lekker kuierplekkies. "
"Pêrel van die Boland! Gerieflik geleë. Dorp met karakter en geskiedenis. Die plase in die dorp maak die Paarl. "
"Paarl is rustige burg. Mense is baie vriendelik en hulpvaardig. Die wyne is iets ysliks as mens dit wil doen en kopseerpille is gelukkig goedkoop.Ongelukkig is die verkeer in Kaapstad toe mal en openbare vervoer is onderontwikkel. Van die beste skole in die land is daar."
"Baie mooi plek. Sou graag daar wou bly as dit nie so warm was nie. Het reeds vantevore daar gebly."
"Mooikelder Day Spa as well as Tee Under A Tree are also two are must visit jewels of the Paarl."
"As 'n toerisme beampte in 'n ander area wat twee jaar in Paarl gebly het, dink ek Paarl het baie potensiaal. Vir toeriste wat belangstel in wyne, brandewyne en 'n plekkie naby Kaapstad is dit ideaal. Vir besigheidspersone wat naby die stad wil bly, maar wat nog steeds 'n "country" gevoel soek is dit perfek. "
"Paarl is 'n pragtige dorp in 'n asemrowende omgewing. Daar is baie om te doen, ons was te kort daar!"
"Een van die beste plekke om te besigtig. 24 jaar daar gewoon en mis dit steeds!"
"Paarl is 'n pragtige juweel. Doen beslis moeite om rond te ry. Riebeeck Kasteel is net daar naby is 'n moet-besoek-plek."