Geverifieerde Resensie
Panorama Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Panorama Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1643 resensies.
"Die dorpie Sabie is ryk aan geskiedenis met pragtige natuurskoon (maar iets sal gedoen moet word aan die swak paaie na die watervalle)."
"Sabie sal iets moet doen aan die slaggate in die sekondêre paaie. Sabie moet tog nie dieselfde pad stap as wat in Pelgrimsrus gebeur nie. Toeriste wil graag Sabie besoek!"
"Ons is mal oor Kaapsehoop! Die mense is vriendelik en laat 'n mens deel voel van die klein dorpie. Ons is daar weg met almal wat ons op ons name noem! Heerlik!"
"Graskop is baie sentraal in die Laeveld geleë in die middel van die Laeveld Panorama. "
"Die dorpie self is nie ongelooflik nie, maar is naby alles. God's Window, Lisbon Falls, Berlin Falls, Mac Mac Falls en 'pools', dagroetes, Pelgrimsrus, Hazyview (waar 'n mens 'n verskeidenheid avontuuraktiwiteite kan doen - tours and travel en oulike winkels), Bourke's Luck Potholes (ongelooflike ervaring) en ook binne 'n uur en 'n half van Hoedspruit en die Kruger."
"Graskop is die ideale plek om al die mooi watervalle en natuurtonele soos God's Window te besoek. "
"Sabie is 'n pragtige klein dorpie, maar het baie agteruit gegaan. Die Sabiewaterval is besoedel en ruik onaangenaam. Ons was baie teleurgesteld."
"Nelspruit is 'n pragtige dorp tussen heuwels. Nie so seker ek wil daar vakansie hou nie, maar perfekte oorstop op reis vanaf Mozambique."
"Hoop en glo dat al daai winkeltjies weer eendag sal oopmaak, maar Sabie bly tops vir my."
"Ek is mal oor die area, wens ek kon altyd daar bly, rustig stil, maar naby die dorp, pragtige skoon strate, mooi plantegroei, baie bome, love it!"
"Mooi dorpie, ongelukkig is daar baie verkopers wat druk plaas op toeriste om hul ware te koop. Dit is ongemaklik om in die straat te loop. Dit pla baie."
"Sabie is "tops!" Aangename klimaat, ideaal vir die voëlliefhebber en die dele ongerepte natuur wat bewaar word, is rus vir die siel! Pragtig! "
"Pragtige natuurskoon in Sabie en omgewing maak 'n besoek aan hierdie deel van ons land beslis die moeite werd. Volgens my is die Drie Rodawels die heel mooiste plek in ons land. Dit is asemrowend."
"Thank you so much for your hospitality, friendliness and warm welcome towards your guests."