Geverifieerde Resensie
Panorama Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Panorama Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1643 resensies.
"Ons wou nie terug kom huistoe nie, dis so 'n rustige dorp met vriendelike mense."
"Baie klein dorpie. Bietjie te veel art & krafts winkels kan gerus 'n slaghuis kry. Die restaurant met die naam van God's Window Rest is fantasties. Verder is daar ongelooflik baie watervalle om na te gaan kyk en die uitsig is ongelooflik mooi. Sal enige tyd weer soontoe gaan. Was wel net vir 'n paar dae daar, maar dit was ongelooflik lekker."
"Indien 'n mens van natuur hou en min tyd het om dit te geniet, is Sabie een van jou beste dorpies om heen te gaan. Daar is baie om in een dag se rondreis te sien en genoeg om 3 weke te spandeer en nie alles te sien nie. Ons was 8 jaar gelede daar en kan werklik sien dat nie baie het verander in die tydperk nie. 'n Stil rustige ou dorpie met seker een van die mooiste natuurlike besienswaardighede. Jy kan verlief raak op die dorp en sy mense en jy sal altyd iets goeds van die dorpie kan vertel."
"Good destination for tourists wishing to explore a most beautiful part of South Africa."
"Net na die reënseisoen is dit asemrowend met als wat groen is!"
"Graskop self is nie ideaal nie, maar as oornagplek om alles in die omgewing te kan sien."
"The only set back to fully enjoying Graskop is the potholes on the road. Well worth visiting though!"
"Graskop bied "amazing" plekke om te sien. Die dorp het baie "nice" outydse geboue. Die Flycatchers Castle was mooi om te sien."
"Dis pragtig! Ek sal enige iemand soontoe aanbeveel! Dis naby aan al die omliggende plekke, dis veilig en die mense van Graskop is vriendelik en gasvry!"