Verified Reviews
Parys
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Parys
Rated 4.4 out of 5 based on 958 reviews.
"Oulike dorpie, net ver genoeg vir 'n kort wegbreek. O's Restaurant is 'n moet."
"Ons moet die plaaslike sake-ondernemings beslis ondersteun. Daar word moeite gedoen om die dorp toeriste-vriendelik te hou."
"The town is very exciting even though most of the areas seemed neglected like the gardens."
"Parys is nice and quaint and I love the little shops and The Place O's is a must for everyone!"
"As jy heerlike ontbyt teenaan die rivier wil geniet, met veral die kalmte en die mooiste uitsig op die water, is O's restaurant die plek!"
"Wat 'n heerlike ontsnapping uit die stad se geraas. Dis minder as 'n uur se ry van Johannesburg af. 'n Lieflike dorpie met baie interessante winkels, kunsgalerye en restaurante. Die Hartelus Mark op die eerste Saterdag van die maand is 'n moet om by in te loer. Baie om te doen en te sien in die omgewing ook."
"Numerous vagrants, numerous potholes. The riverbanks are polluted and littered, but the shops in the high street gave excellent service. The staff at PathCare were fantastic."
"Parys was heerlik, net jammer oor hul water-tekort. Kon by sekere restaurante nie die badkamers gebruik nie en by gastehuis was dit ook 'n probleem. Restaurante is heerlik en mense baie vriendelik en behulpsaam."
"Die water wat uit die krane kom is baie vuil, sou nie eers daarin stort nie. Weet dit is 'n algemene probleem in Parys."
"Dinamiet kom in klein pakkies, wat 'n verrassende ervaring. Een van die min mooi dorpies oor in ons land."
"Yes we were very impressed with Parys. It was neat and clean. We enjoyed seeing the mini Eiffel Tower and lovely quaint shops in that street, as well as the wide Vaal river banked by its beautiful trees."
"Alles maak vroeg toe. Het ongelooflik lekker geëet by Hoi Polloi restaurant."
"Pragtige dorp wat se rivier besoedel is met rommel. Veral by die ou brug. Parys se loopvlak (sypaadjies) is baie ongemaklik en gevaarlik. Die toenemende swaarvoertuig deurgang hou 'n gevaar in vir besoekers en verniel die pad. Die winkels is interessant en bied 'n wye reeks te koop aan. Sterkte aan almal met die noustrop ekonomie."